Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Little Lamb

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Birdstraat 25, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Little Lamb bied is in Beaufort-Wes geleë, 'n historiese eko-toerismedorp in die Wes-Kaap. Dis die grootste dorp in die semi-woestynagtige Karoo-streek en bekend as die hoofstad van die Karoo.

Verblyf word in 3 woonstelle gebied, Mary's Loft met slaapplek vir 4 gaste, Ba-Ba Black Sheep met slaapplek vir 5 gaste en Merino Pride met slaapplek vir 2 gaste. Elke eenheid het lugversorging, TV's met DStv en koffie- en teemaakgeriewe in. Gratis WiFi met rugsteunkrag is beskikbaar.

Mary's Loft het 'n kombuisie op die onderste verdieping en 'n solderarea met 'n sitarea, koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Ba-Ba Black Sheep beskik oor 'n oopplan-area met 'n koningingrootte-bed, kombuisie en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n ekstra skakelkamer met 'n dubbelstapelbed en 'n enkelbed.

Merino Pride het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort.

Parkeerplek en braaigeriewe is op die perseel beskikbaar.

Daar is 'n swembad. Die verblyf word nie deur beurtkrag geraak nie aangesien dit van sonkrag gebruik maak en gas het. Slegs lugversorging is nie tydens beurtkrag beskikbaar nie.

Beaufort-Wes is die oudste dorp in die Karoo en bied 'n versameling Steentydperk-besienswaardighede, rotskuns, dinosourus-fossiele en 'n rits argitektoniese invloede.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 184 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Zinette C
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike blyplek. Net jammer dat die honde konstant in die kamers inkom. Heerlike oornagplekkie oppad na eindbestemming!
Sep 2024
Annette B
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld en rustig. Dit was baie goed toegerus en netjies.
Sep 2024
Claudia S
Gesin met tieners
5.0
Netjies, skoon en rustig. Dankie. Heerlike nagrus gehad om vars weer pad aan te durf FS toe vanaf Kaap.
Aug 2024
Ellamari H
Gesin met tieners
5.0
Friendly, fabulous facilities, value for money. We loved our overnight stay at Little Lamb, wish we could have stayed a bit longer. Can...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Nicolette W
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige verblyf. Heerlike verblyf vir oornag stop (of selfs langer). Kamers is skoon en netjies, en is pragtig gemeubileer. Klein kombuisarea het all...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 184

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Birdstraat 25, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Little Lamb het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Birdstraat 25, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf9ce08f800caab8a0ee5b9859737e24d8abee70034914092d8371b40776ab9c8119ca4b3510beb9490bde96976d79277aea4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 184 5 1 5 25 Bird Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.348336473785 22.584018856287

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang