Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

McGregor Blue

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butterflystraat 2298, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 250 R1 125 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

McGregor Blue is in Marlothpark, 'n vakansiedorp in die noordooste van Suid-Afrika. Dié area is 'n bekende oornagstop vir toeriste onderweg na die Krugerwildtuin, Mosambiek of Swaziland. Dis die ideale bestemming vir diegene op soek na 'n vakansiebestemming weg vanaf die besige stadslewe.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, insluitend 'n huis en 'n kothuis. Die huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n tweede badkamer. Ander geriewe sluit 'n kombuis, lugversorging en 'n ruim buite-onthaalarea met 'n braai in. Daar is ook 'n plonspoel wat gaste kan benut.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort, 'n kombuisie, sitkamer, lugversorging, drie plafonwaaiers en 'n heerlike onderdak stoep. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

McGregor Blue is naby restaurante, internet-kafees, winkels en 'n wassery. Brandstof is beskikbaar en die area het selfoonontvangs. Marlothpark wat in die hartjie van die natuurskoon is, is net 20 minute van die Krokodil Brug ingang van die Krugerwildtuin en Komatipoort af, waar gaste addisionele voorraad kan aankoop.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Liesle C
Gesin met tieners
5.0
Absolutely wonderful! We thoroughly enjoyed our stay at McGregor Blue. Very comfortable and clean, with all the extras for self-caterin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Jeandri D
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklike huis met alles wat nodig is. Ons het vreeslik lekker gebly. Alles wat nodig is, is in die huis. Die huis is gemaklik en loopafstand van die ...
Sien meer
Des 2023
Martin J
Gesin met klein kinders
4.8
Ideaal uitgelê en toegerus. Baie netjies en skoon. Hoogs aanbeveel! McGregor Blue was baie netjies en skoon. Die huis was gemaklik, ruim en toegerus m...
Sien meer
Sep 2023
Alta S
Gesin met tieners
4.6
Goed toegerus en goeie ligging. Ons het baie lekker gebly, die eenheid was baie goed toegerus en gerieflik ingerig.
Jul 2024
Queeneth M
Saam met lewensmaat
4.4
Moderate It doesn't have a pool, we were bored in that house, at least if they add a pool, it's needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Liza Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Butterflystraat 2298, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink McGregor Blue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
R1 250 R1 125
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 250
R1 250 R1 125
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butterflystraat 2298, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98dc40250631fdf681f6aebb7c0d513466ed9b902a60f03189bfd651acb8c5bbbf9d9b874971ff197edca7d70cd13f23d0d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R1 125 per nag (plek vir 4) 62 5 1 5 2298 Butterfly Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.34651 31.78172

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang