Meetsnoere
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
- Vanaf R6 800 per nag, vir 17 mense
Beskrywing
Meetsnoere is in die stil dorpie, Oesterbaai, op die Oos-Kaap se kus en skuil tussen groot wildevyebome en die oseaan. Dié ruim vakansiehuis bied gehalteverblyf aan paartjies, gesinne of vriendegroepe wat op soek is na gerieflike blyplek met 'n mooi see-uitsig.
Die dek bied 'n prentjiemooi uitsig oor die see, die strand en van die sonsopkoms en sonsondergang. Dit is die perfekte plek om jou oggendkoffie te drink of die dag met 'n glasie wyn af te sluit.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 7 slaapkamers en 4 badkamers en het slaapplek vir 17 gaste. Geniet 'n uitsig oor die see vanuit 3 van die slaapkamers, die eetarea en leefarea en vanaf die dek op die eerste verdieping. Daar is 3 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed elk, 3 slaapkamers wat elk 2 enkelbeddens het en 1 slaapkamer met 'n enkelbed, 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Gaste kan in die sitarea voor die kaggel kuier. Die sitarea bied toegang tot 'n dek met 'n uitsig oor die see en die ongerepte strand met sy hoë duine. Die dek is die ideale plek om dolfyne en walvisse te sien. Die kombuis is met 3 yskas-vrieskaste, 'n oond, stoof, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser toegerus en daar is 'n toonbank waar gaste kan sit en eet. Die eerste verdieping het ook 'n waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n wasgoedlyn buite.
Daar is 'n vermaak- en braaikamer op die eerste verdieping wat apart van die res van die huis is, asook 3 toesluitmotorhuise op die grondverdieping. Die vermaak- en braaikamer het 'n ingeboude braai, 'n kombuisie, 'n vriesboks vir aas en vis, 'n tafeltennistafel, veerpyltjiebord en bordspeletjies.
Die perseel is stapafstand vanaf die strand en die ligging maak dit ideaal vir stappies, hengel, swem, voëlkyk (veral die oestervanger), sandplankry, snorkel in die rotspoele en duik.
Oesterbaai is 22 km van St. Francisbaai, 25 km van Humansdorp en 35 km van Jeffreysbaai af en aktiwiteite in die omgewing sluit staproetes soos Antjie se Pad, 4x4-roetes, en gholf by Humansdorp se St. Francisbaai se links-gholfbane in. Die area word deur suiwelplase omring. Vir voorrade en brandstof kan gaste St. Francisbaai, Humansdorp of Jeffreysbaai toe ry en gaste kan ook 'n daguitstappie doen na Tsitsikamma se natuurreservaat en die Baviaanskloof.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elmi Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 81
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
- Gaste dink Meetsnoere het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oesterbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang