Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunset Villa Scarborough

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mountain Rise 44, Scarborough, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 999 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Sunset Villa Scarborough bied selfsorgverblyf in Scarborough in Kaapstad. Dié eksklusiewe, gesinsvriendelike vakansiehuis het mooi see- en berg-uitsigte.

Dié huis het meer as 1 verdieping en is geskik vir 9 gaste. Daar is 4 slaapkamers en 2,5 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer lei na 'n balkon met 'n uitsig oor Valsbaai. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en die vierde slaapkamer, wat aan die hoofslaapkamer skakel, het 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n stort en bad.

Die kombuis is toegerus met toestelle om kos mee voor te berei en te kook. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel, banke en 'n kaggel. Daar is 2 stelle glasstapeldeure. Die eerste deur lei na 'n binnehof wat 'n berg-uitsig, braaigeriewe en stoepmeubels het. Dié area lei na 'n rotspoel, 'n water-glyplank vir kinders en 'n kinderspeelarea. Die tweede deur lei na 'n dek met 'n see-uitsig, stoepmeubels en 'n hangmat.

Daar is parkeerplek vir 1 of 2 voertuie voor die eiendom. Om die huis binne te gaan moet gaste die trappe op neem, verby 'n woonstelletjie. Gaste kan sterrekyk, die gedruis van die branders geniet en robbe, dolfyne en walvisse in seisoen bewonder.

Scarborough is 'n versteekte juweel, en is die tuiste van 'n handvol nuwerwetse kafees, 'n baie goeie Italiaanse restaurant, en die bekende Camel Rock-restaurant, met musiek-optredes, ens.

Sunset Villa Scarborough is sowat 15 minute vanaf Boulders Beach in Simonstad, 10 minute vanaf Kaappunt Natuurreservaat se ingang en sowat 60 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 9 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ligging

  • Mountain Rise 44, Scarborough, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 999
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R 8 999
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mountain Rise 44, Scarborough, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaa00a50744cffa4bb0b0726e94b020c289f36c3a653bbb0475ce00f5d1f2bf2aaf3a952d82f18be03cd7574d94fd6211af9c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 999 per nag (plek vir 9) 44 Mountain Rise Scarborough 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -34.198374295892 18.377851401357

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang