Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mooisig Oornagverblyf

Gastehuis
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooisig 3, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mooisig Oornagverblyf is op die eienaar se perseel in Reebok en is ideaal vir gaste op soek na oornagverblyf op pad na hul vakansiebestemming, aangesien Mooisig Oornagverblyf maklike toegang van die N2 bied.

Hierdie oopplan-eenheid bied verblyf aan 2 volwassenes en 'n kind. Dit het ’n dubbelbed en n slaapbank in een vertrek. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Daar is ’n TV in die eenheid met Openview. Indien gaste DStv wil kyk, kan hulle hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en -afstandbeheer saambring.

Neem asb. kennis dat hierdie eenheid nie kombuisgeriewe het nie, maar daar is wel ’n mikrogolfoond, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is veilige onderdakparkeerplek en braaigeriewe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Juanita B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en ontspannend. Baie dankie vir die lekker verblyf asook julle vriendelikheid en gasvryheid. Julle plekkie is voorwaar 'n juweel en het alles ...
Sien meer
Nov 2024
Erika D
5.0
Oornag verblyf net van die hi-way af. Het laatnag aangekom, maar alles was eksie perfek. Gasvrou het nog lekker beskuit vir my gebring, dubbel porsie....
Sien meer
Okt 2024
Rihenta J
Saam met lewensmaat
5.0
'n Juweel. Wat 'n heerlike ontvangs en slaapplek na 'n lang pad. Dit is soos om tuis te kom.
Sep 2024
Emeke S
5.0
Rustig, netjies en veilig. Baie skoon en netjies. Alles wat jy nodig het.
Jun 2024
Annalene D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker en mooi. Dit was rustig, mooi uitsig en lieflike gasheer en gasvrou, baie bedagsaam en vriendelik.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tommy En
Stephanie ...

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Mooisig 3, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mooisig Oornagverblyf het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Stort- of badstoel
Ruim slaapkamer
Badkamer sonder trappe
Slaapkamer sonder trappe
Ingang en paadjie sonder trappe
Breë ingangsdeur
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mooisig 3, Reebok, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA920f4e219b479271ccce8ffe3e0681921310a0d77693a163a8c71e93f2a1d35879b1f55473a7bed73b9890f037292e8605c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 3 Mooisig Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.072522270896 22.163376673871

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang