Mpfuvu Lodge 31/32 @ Elephant Point
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portia Shabangu-weg, Elephant Point Estate, Hazyview, 1100, Mpumalanga
- Vanaf R17 600 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Mpfuvu Lodge 31/32 @ Elephant Point is op die oewer van die manjifieke Sabirivier geleë en spog met 'n skouspelagtige uitsig oor die ongerepte Krugerwildtuin. Hierdie villa het lugversorging en is die perfekte opsie vir 'n afgesonderde wegbreek. Daar is ook 'n groot, voorste houtdek met 'n verhitte swembad.
Dié villa het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging en 4 en suite-badkamers. Twee van die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke en suite-badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Gehalte linne, badhanddoeke en seep word voorsien.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiestasie, eetgerei, breekware en 'n eiland met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is oral in die villa beskikbaar.
Dié leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel, 'n sithoekie en braaigeriewe. Die stoep lei na 'n swembad met sonstoele en 'n versonke boma. Hierdie verblyf spog ook met 'n borrelbad op die dak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Christelle Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 5
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Portia Shabangu-weg, Elephant Point Estate, Hazyview, 1100, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portia Shabangu-weg, Elephant Point Estate, Hazyview, 1100, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang