Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mulberry Cottage On Prospect

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prospect-weg 57, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6065, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Mulberry Cottage On Prospect skuil in 'n lieflike tuin op die eienaar se perseel in Gqeberha (Port Elizabeth). Dié lieflike selfsorgkothuis is privaat en ideaal vir diegene wat op soek is na sentrale vakansieverblyf.

Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n mooi uitsig oor die tuin. Gaste kan by die buitenste eetarea hul maaltye geniet, 'n piekniek in die tuin geniet of lekker braai. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Openbare vervoer naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Pieter S
Saam met vriende
5.0
Lekker ontspan! Baie lekker gebly! Sal aanbeveel.
Feb 2024
Wayde D
Gesin met tieners
5.0
Comfortable stay. Everything is perfect!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Mornay V
5.0
Fabulous hostess. Dit was net 'n plesier. Rebecca is uitstekend. Ons was toegelaat om bietjie vroeg in te boek, blyplek is baie netjies en skoon. Geri...
Sien meer
Okt 2023
Lize P
Saam met vriende
5.0
Die woonstel is baie netjies, ruim en goed toegerus. Die area is veilig en het baie lekker restaurante en winkels naby. Die eienaars is vriendelik en...
Sien meer
Sep 2023
Chas A
Gesin met tieners
5.0
Lovely flat with all the necessary items. Rebecca and Dean were great hosts and Copper and Coco made us feel at home. Stayed for 8 nigh...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Rebecca Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Prospect-weg 57, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6065, Oos-Kaap
  • Gaste dink Mulberry Cottage On Prospect het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prospect-weg 57, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6065, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9c97b45da792c201377e812fe7b879d4589e70e2a6edbd5dd20cb7efba9abaf1d518dbb12f414454f0a3f213890e7cd0042e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 57 Prospect Road Walmer 6065 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.976832723161 25.592898130417

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang