Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Myoli Beach Lodge

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 17, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Myoli Beach Lodge is in Sedgefield in die Wes-Kaap geleë en is stapafstand vanaf die bekende Gericke se Punt en getypoele.

Hierdie warm, pragtige selfsorgstrandhuis het 'n Afrika-styl en bied 6 chalets, 1 selfsorgwoonstel en 'n en suite-kamer. Dié strandhuis is tussen Knysna en Wildernis geleë.

Elke chalet het 2 slaapkamers, die kamer op die boonste verdieping het 'n koninging- of koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n sitkamer met 'n balkon. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort. Die kombuis, eetkamer en sitkamer is almal op die onderste verdieping. Daar is 'n braai. Hierdie chalet word elke 3 dae skoongemaak. Die chalets word op 'n eerste-gesien-basis verhuur en het nie 'n see-uitsig nie.

Die selfsorgwoonstel het 'n klein leefarea met 'n kombuisie, sitkamer en eetarea. Die slaapkamer is voorsien van 'n koningingrootte-bed en 'n en-suite badkamer. Die woonstel het 'n aparte ingang.

Die en suite-kamer is ideaal vir oornagverblyf en nie langer nie, want daar is nie selfsorggeriewe nie. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe sluit 'n yskassie en tee- en koffiegeriewe in.

Myoli Strand is 14 km lank. Hierdie ongerepte strand is ideaal vir stap, wandel, swem, snorkel, branderplankry, vlieërplankry, en visvang. Gericke se Punt is bekend vir sy getypoele met sy wonderlike seelewe. Wandelinge onder die maan word gereeld gedoen en is 'n moét vir natuurliefhebbers.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 124 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Welma G
Saam met vriende
5.0
Naby die see en baie netjies. Die kuier was heerlik!
Nov 2024
Dawie G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker geslaap. Vriendelike diens en sal weer daar oornag.
Nov 2024
Claire W
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable, clean, close to the action (beach and restaurant). Enjoyable and relaxed. Ronel is a thoughtful, friendly host. She moved ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Ronell H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig, netjies en cozy. Ek sal definitief weer kom. Ons het baie lekker gebly. Die plek is baie netjies en cozy. Dus baie nicer as die foto's op...
Sien meer
Okt 2024
Rene G
Saam met lewensmaat
5.0
Without a doubt, we’d rate this lodge a 10 out of 10 and highly recommend it. The location, just a short walk from the beach, made it t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Ronel & Andre Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 126

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Claude Urban-rylaan 17, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Myoli Beach Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 17, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkzZjg5ZWY5LTM1YmQtNGNmYi05YWFkLTE5MWZiYmNjYjQwYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 124 5 1 5 17 Claude Urban Drive Myoli Beach 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.033741326772 22.804516553879

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang