Navarre Residence
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cordoba-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R19 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Navarre Residence skuil in die hartjie van Stellenbosch in die skilderagtige Kaapse Wynlande en spog met 'n keurige, rustieke bekoring. Die huis word deur welige tuine, wingerd en die majestueuse Helderberge omring en is 'n toevlugsoord vir gaste wat op soek is na ontspanning en avontuur. Dit vang die bekoring en karakter van die historiese omgewing vas deur blomme- en tapisseriedekor wat deur die helderkleurige tuin geïnspireer is.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 elegante slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed. Drie van die slaapkamers spog met en suite-badkamers wat elkeen 'n bad of 'n stort het. Moderne geriewe, soos WiFi word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die oopplan-leefarea is vir gerief en vermaak ontwerp en het 'n sitarea, eetarea, TV-kamer en kaggels. Buite is daar braaigeriewe en 'n swembad waar gaste lekker saam kan kuier.
Die huis spog ook met persoonlike diens. 'n Butler sorg vir elke detail en 'n portierdiens is beskikbaar om pasgemaakte verblyf te verseker. 'n Fynproewer-ontbyt word daagliks bedien en 'n sjef kan ook op versoek vir ander maaltye gereël word.
Natuurliefhebbers sal mal wees oor Navarre Residence se ligging weens die nabyheid aan wingerd, 'n rivier, dam en 'n woud. Of gaste nou 'n rustige wegbreek of 'n vakansie vol avontuur soek, Navarre Residence is die perfekte tydelike tuiste wat ontspannende en gerieflike verblyf vir die hele gesin verseker.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Cordoba-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Helderberg Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cordoba-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang