Ndlovu Addo River Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ndlovu Addo River Lodge bied rustige oornagverblyf langs die Sondagsrivier, 20 km buite Kirkwood. Dit is 'n eko-vriendelike lodge 30 minute vanaf die Addo Nasionale Olifantpark en dis ideaal vir 'n romantiese wegbreek.
Hierdie pragtige lodge bied verblyf in 5 oopplan-kothuise met lugversorging en 'n struktuur-safaritent met lugversorging wat op die rivieroewer geleë is. Elke kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed met gehaltelinne. Kothuis 1 tot 4 het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort en die vyfde kothuis se badkamer het 'n bad en 'n stort.
Elke kothuis beskik ook oor 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Kothuis 5 is ideaal vir 'n wittebrood aangesien dit met 'n privaat Jacuzzi op die stoep spog. Al 5 kothuise het privaat braaigeriewe.
Die Safari-tent bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tent het ook 'n kombuisie wat met 'n lugbraaier, yskassie, eetgerei, breekware en 'n Nespresso-koffiemasjien toegerus is. Buite is daar 'n lieflike houtdek met sitplek en 'n uitsig oor die see. Gratis WiFi is in elke eenheid beskikbaar.
Ndlovu Addo River Lodge is ideaal vir natuurliefhebbers aangesien apies en voëls gereeld die lodge besoek. Alle gaste het toegang tot die hooflodge se gemeenskaplike swembad. Bevrore maaltye is teen 'n ekstra koste beskikbaar en kan in die eenheid gekook word. 'n Kontinentale ontbytmandjie kan ook op versoek gereël en afgelewer word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Luc Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Gaste dink Ndlovu Addo River Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kirkwood Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang