Nine Oaks Self-catering Accommodation
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Elsebe Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 54
Op LekkeSlaap 12 jaar
Opsomming van Resensie
Jerry S - Aug 2024
Algehele gradering
Volgens my drywer was dit 'n ongelooflike ervaring gewees, baie dankie julle.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Jerry!
Baie dankie dat julle van ons gebruik gemaak het vir sy verblyf. Dit was 'n plesier om hom by ons te ontvang en hoop ons hom sommer gou weer te sien.
Dankie vir die pragtige resensie, ons waardeer dit!
Vriendelike groete van Nine Oaks!
Christoff S - Aug 2024
Algehele gradering
Aanbeveel.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Liewe Christoff
Baie dankie vir jou pragtige resensie! Ons hoop om jou in die toekoms vir bietjie langer te ontvang.
Mag die res van jou reis gevul wees met pragtige veldblomme.
Nine Oaks groete!
Lee-ann H - Jul 2024
Algehele gradering
The best roosterkoek I have had and the people are absolutely amazing.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Good day Lee-ann
Thanks for the amazing review. The coffee shop on the premises is definitely a fabulous treat. We hope to see you and the whole family again very soon.
Stay warm and safe!
Warm regards
Jp H - Jul 2024
Algehele gradering
Rustig en ontspannend.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Beste JP
Baie dankie vir jou pragtige resensie! Ons is bly jy het so lekker by ons gebly.
Ons hoop jy kom kuier gou weer by ons.
Mooi bly
Zey D - Mei 2024
Algehele gradering
Gaan weer.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Dankie vir die pragtige resensie Zey. Jou kuier was kort, maar heerlik om jou by ons te ontvang. Tot ons mekaar weer sien, mooi bly. Nine Oaks-groete
Raymond N - Jul 2024
Algehele gradering
Perfek vir oornag, uit die dorp se gewoel.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Raymond!
Vreeslik dankie vir jou pragtige resensie. Ons is bly jy het gebruik gemaak van alles wat die plaas kan bied. Ons sien uit na jou volgende kuier.
Warm en vriendelike Nine Oaks-groete
Marguerite H - Aug 2024
Algehele gradering
Vriendelike, omgee mense. Heerlik gekuier.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die pragtige resensie!
Dit was heerlik om julle by ons te ontvang, net jammer dit was so kort.
Ons hoop om sommer gou weer te sien, hopelik in warmer weer.
Mooi bly!
Vriendelike groete
Helmien B - Mei 2024
Algehele gradering
Ons het heerlik gekuier, was net hopeloos te kort!
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Helmien!
Dankie vir die pragtige resensie! Ons is net so spyt dat julle kuier so kort was. Ons hoop om julle gou weer in die toekoms te sien.
Vriendelike Nine Oaks - groete
Malcolm F - Apr 2024
Algehele gradering
Very pleasant until the noise.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Good day Malcolm! Thank you for taking the time to review us. It's very unfortunate that you had noisy neighbours. After receiving your message the next morning, I immediately contacted them regarding their noise and reminded them of our rules and regulations. For next time, I would love to book you into one of our new cabins we are building. These cabins will indeed offer a lot more privacy. But for the time being, keep well and stay safe! Nine Oaks-regards
Naline E - Feb 2024
Algehele gradering
Heerlik, sal weer gaan kuier!
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Naline!
Dit was so lekker om julle by ons te ontvang. Vreeslik dankie vir die mooi resensie. Ons is dankbaar vir julle ondersteuning ook by ons restaurant - ons ontbyte is baie gewild.
Ons hoop om julle gou weer te sien.
Vriendelike (en baie warm) Nine-Oaks groete
Strydom N - Apr 2024
Algehele gradering
Die ontvangs is nie al die dae van die week oop nie.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Strydom!
Baie dankie vir die resensie, ons is so bly jy het lekker gebly!
Maandae en Dinsdae is ons fasiliteite toe, maar dan is ons altyd per telefoon beskikbaar (elke outjie kort 'n naweek). Daar is darem reg deur altyd hande op die perseel beskikbaar om te help waar nodig.
Kom kuier gerus weer.
Vriendelike Nine Oaks-groete
Richard F - Feb 2024
Algehele gradering
Wonderlike gasvrou, aangename verblyf.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Richard!
Dit was so lekker om julle by ons te ontvang.
Ons sal hopelik in die toekoms 'n plan kan maak met 'n lekker sitkamer in die huis. Soos hy nou lyk, is daar egter net nie plek nie. Hou duimvas ons planne werk uit!
Nine Oaks-groete
Stefan D - Nov 2023
Algehele gradering
Very pleasant.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Good day Stefan!
Thank you very much for this great review. You were an absolute joy to have. We would love to see you again and serve you some of our delicious pizzas.
Keep well!
Katinka J - Sep 2023
Algehele gradering
Gerieflik, skoon, vriendelike diens, moderne mooi dekor.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Katinka!
Baie dankie vir die mooi resensie! Ons doen die ekstratjies met liefde en is so bly dat jy dit opgelet het. Dit was heerlik om julle by ons te ontvang. Ons verkoop die heerlike beskuit uit ons padstal ook.
Hoop om julle gou weer te sien.
Nine Oaks - groete!
Mariëtte C - Aug 2023
Algehele gradering
Lekker.
Lees meerNine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Mariëtte!
Baie dankie vir die pragtige resensie! Dit was so lekker om julle by ons te ontvang.
Die koffiewinkel is baie trots op hulle koffie en ek bederf om elke dag ene te kan geniet.
Ons sien uit na julle kuier in die toekoms.
Nine Oaks groete!
Yolande O - Aug 2023
Algehele gradering
Oulike, rustige oornagplek.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die pragtige resensie Yolandé. Hoop om julle in toekoms persoonlik te ontvang. Mooi bly
Heidi V - Apr 2023
Algehele gradering
Pragtige ligging.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Dankie dat julle ons gekies het om julle oor die naweek te akkommodeer, Heidi. Ons is definitief baie geseënd met ons omgewing.
Ons hoop om julle binnekort weer te sien.
Mooi loop tot dan.
Kobus R - Nov 2023
Algehele gradering
Hoogs aanbeveel.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die pragtige resensie, Kobus. Jou personeel is enige tyd weer welkom. Nine Oaks groete.
Antoinette H - Sep 2023
Algehele gradering
Vriendelik, gerieflik.
Lees meerNine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Antoinette!
Jou oog op die fynere detail maak verseker vir ons saak.
Ons sal maar altyd sukkel met die bietjie stof oor ons op die plaas gelee is met grondpaaie rondom ons.
As julle deur die loop van julle tydjie aan ons genoem het van die liggies, kon ons dadelik vir julle daaraan aandag gee. Daar is altyd iemand aan diens.
Die gasstofie is verseker ons volgende stop (alhoewel dit ons senuweeagtig maak oor dit 'n brandgevaar is), ons fokus net eers op 'n plan vir die Wi-Fi gedurende beurtkrag. Gelukkig kan ons gaste ook 'n draai maak by ons koffiewinkel/pizzeria en kroeg indien hulle te veel smag na 'n koffie of tee'tjie.
Vir julle volgende kuier, hoop ons om daarop te verbeter.
Mooi loop
Nine Oaks - groete
Casper D - Nov 2022
Algehele gradering
Ruim en netjiese eenheid en alles wat benodig word.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Casper. Dit was lekker om jou te ontvang ons hoop om gou weer te sien. Mooi bly
Suzette B - Okt 2022
Algehele gradering
Heerlik, uiters vriendelik en behulpsaam.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer. Ons is dankbaar vir jou voorstel. Hoop om julle sommer gou weer te sien. Mooi bly.
Werner F - Okt 2022
Algehele gradering
Dit was baie lekker en waardeer die mense se vriendelikheid.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Werner! Ons hoop om jou sommer gou weer te sien.
Yolandi C - Okt 2022
Algehele gradering
Heerlikste verblyf!
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Yolandi. Ons is baie bevoorreg met ons pragtige uitsig van die wingerde en berge. Dit was so lekker om julle te ontvang. Ons hoop om julle sommer gou weer te sien.
Vriendelike Nine Oaks groete
Priscilla U - Jul 2022
Algehele gradering
Wonderful stay. Great to have restaurant and bar on site.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Thank you for the great review Priscilla. It was lovely having you. A later check out time can always be arranged.
Hope to see you again soon!
Tammy P - Apr 2022
Algehele gradering
Dit was 'n heerlike kuier. Baie dankie aan die bestuurderes vir haar gasvryheid.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Tammy, bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete
Nine Oaks
Leswill L - Mrt 2022
Algehele gradering
Absolutely beautiful.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Great! Many thanks Lesley for the 5 star review. Much appreciated. See you next time.
Greetings. Jak.
Jaco L - Jul 2022
Algehele gradering
Heerlik gekuier.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die pragtige resensie Jacobus. Ons is bly om te hoor dat jy dit by ons geniet het. Hoop om gou weer te sien.
Vriendelike Nine Oaks groete
Ernst P - Jun 2022
Algehele gradering
Die verblyf was perfek vir my veblyfbehoefte vir my besoek aan die Paarl.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Ek is so bly om te hoor jy het so lekker gebly Ernst. Ons hoop om jou sommer gou weer te sien, ten spyte van jou rede dié keer.
Vriendelike Nine Oaks-groete
Willem P - Des 2022
Algehele gradering
Plaasblyplek.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Goeiedag Willem
Dankie vir die terugvoer. Ons sal verseker kyk of ons meer pakplek kan bied en nog die ruim spasie binne kan behou. Julle was wonderlike gaste en hoop om julle gou weer te sien.
Mooi bly.
Anonieme gas - Des 2019
Algehele gradering
Charlene O - Mrt 2018
Algehele gradering
Oortreflik.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie.
Louise B - Jun 2018
Algehele gradering
Lekker verblyf vir die hele familie vir 'n troue.
Wilna C - Des 2017
Algehele gradering
Ons tydjie by Nine Oaks was wonderlik.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Wilna, julle is enige tyd welkom. Gaste soos u maak dit vir ons die moeite werd. Groete
Renier S - Nov 2017
Algehele gradering
Beautiful setting overlooking mountains and valleys.
Julie N - Mei 2017
Algehele gradering
Definitief waarde vir geld. Skoon, netjies en veilig.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Julie.Dis altyd lekker om gaste soos julle te akkommodeer.Groete.Nine Oaks span.
Gert V - Aug 2017
Algehele gradering
Het baie lekke gebly, is naby aan die dorp, maar is nie in die dorp nie. Uitsig vanaf die stoep is besonders.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie.
Isaac D - Apr 2017
Algehele gradering
Lekker plekkie vir vriende of families.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie, kom kuier gerus weer.
Groete, Jak.
Erica C - Jan 2017
Algehele gradering
Aangename verblyf.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Dankie Erica, ons is bly julle het julle verblyf geniet. Ons het besef die kroeg yskassies is te klein as dit kom by langtermyn verblyf en het 'n groot kisvrieskas wat julle met graagte kon gebruik het, wat in die was/stryk kamer staan. Jammer julle het nie gevra vir nog vries plek nie. Ons het ook n 'coolerbox' in elke huisie.
Die lugreëllaar is n 18000btu en is geskik vir die huisie se grootte. As julle verstelling reg was sodat die koue lug opblaas na die loft, behoort dit goed te gewerk het. Ons sal egter aandag gee om dalk 'n staan waaier in die boonste verdieping te sit en ook gemakliker banke in die TV vertrek. Baie dankie vir die terugvoering, dit laat ons ruimte vir verbetering toe. Groete
Coenraad S - Jul 2017
Algehele gradering
Goeie ligging, vriendelike ontvangs, nogal duur.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Dankie Coenraad.
Julle bespreking was vir 6 gaste teen minder as R300pppn. Ons het groter plekke ook beskikbaar soos in ons advertensie beskryf by Lekkeslaap. Baie dankie dat julle ons plek so netjies agtergelos het en vir julle vriendelikheid.
Groete.
Jak.
Anonieme gas - Des 2017
Algehele gradering
Richard N - Okt 2016
Algehele gradering
Best views in Paarl, close to the town but it feels like you're in the deep country.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Many thanks Richard, you were most welcome.
Jak & Nine Oaks Team.
Janine H - Nov 2016
Algehele gradering
Pragtige uitsig en goedingerigte fasiliteite.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Janine.
Gaste soos julle is altyd baie welkom en die plekkies is netjies agtergelos.
Kom gerus weer.
Jak.
Rita R - Apr 2016
Algehele gradering
Baie lekker.
Christa E - Okt 2016
Algehele gradering
Fantasties!
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie, julle is meer as welkom.
Lekker tuisgebakte beskuit affie plaas af.
Sharmane M - Jul 2015
Algehele gradering
Skoon, netjies en veilig!
Sj P - Aug 2015
Algehele gradering
Baie tevrede en sal dit aanbeveel!
Kusjka D - Feb 2015
Algehele gradering
Pragtige uitsig, rustig.
Zelda S - Okt 2015
Algehele gradering
Meubels in gebrek en matrasse laat veel te wense oor.
Nine Oaks Self-catering Accommodation se terugvoer
Dit is die eerste keer dat ons ooit so 'n klagte ontvang. Die betrokke kothuisie het 2 slaapkamers en 'n kombuis/eetkamer en kan tot 4 persone akkommodeer. Daar is 'n tafel met 4 stoele, 4 ekstra tuinstoele asook 'n bank in die leefarea. Buite op die stoep is ook 'n bank met 4 sitplekke. Die 3 gaste wat daar tuis was het dus 8 stoele en 'n bank gehad tot hul beskikking. Die ruimte is beperk en daar is beslis nie spasie vir nog meubels nie. Ons bied selfsorg verblyf aan teen 'n baie billike prys. Ons meng nie sommer in met ons gaste nie omdat dit selfsorg geriewe is, maar sal aan enige gas se behoeftes aandag gee as daar iets is wat pla. Die gaste het ons glad nie genader vir enige hulp nie. Ons wil graag alle voornemende gaste verseker dat ons nie ou beddegoed aan gaste voorsien nie.
Louis N - Jun 2014
Algehele gradering
Ons het sommer 'n paar dae langer gebly!
Theresa J - Des 2014
Algehele gradering
Dis beslis 'n plekkie wat ek sal aanbeveel vir enigiemand wat rustigheid soek en wil wegkom van die stad se lawaai.
Lees meerAbrie K - Apr 2014
Algehele gradering
'n Gemaklike en skoon kuierhuis vir groter groepe, naby aan winkels en hoofroetes.
Humphrey F - Des 2013
Algehele gradering
Very good
Elmarie V - Okt 2013
Algehele gradering
Die mooiste Kaapse uitsig vanaf jou voorstoep!
Greta B - Jun 2013
Algehele gradering
Dit was lekker maar
- Kapasiteit: 50 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Noorder-Paarl, Paarl, 7630, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang