Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean Song

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wisteria-straat 14, Blue Horizonbaai, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ocean Song is in 'n natuurbewarings-gebied in Blue Horizon Bay. Bosbokke en ander wild is gereeld hier te sien, asook walvisse en dolfyne in seisoentyd. Ocean Song is 20 km van Gqeberha (Port Elizabeth) en 50 km van Jeffreysbaai af en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Die eenheid bied 'n pragtige see-uitsig en is naby die strand. Daar is ook 'n kafee, restaurant en spa 1 km van die eenheid waar gaste heerlik kan ontspan.

Dié strandwoonstel het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuisie, en 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuisie het 'n tweeplaatgasstoof, yskas, mikrogolfoond, lugbraaier, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die leefarea het 'n luukse slaapbank wat of twee enkelbeddens of 'n dubbelbed kan word, 'n TV met Netflix en gratis WiFi. Die eetarea het 'n tafel met 4 stoele.

Die eenheid het 'n patio met 'n Weber-braai en beskutte parkeerplek vir een voertuig.

Gaste kan ver op die strand loop en ook die dolfyne en walvisse sien. Blue Horizon Bay is naby heelwat trou-venues waarvan die gewildste Slipperfield Event and Conference Venue is. Die eenheid is 4 km vanaf die Van Stadens Oord waar watersport in die strandmeer aangebied word.

Die eiendom maak van tenkwater gebruik en daar is 'n rugsteunstelsel vir ligte en die TV tydens beurtkrag.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Estelle Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 33

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Wisteria-straat 14, Blue Horizonbaai, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Ocean Song het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wisteria-straat 14, Blue Horizonbaai, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc7efe8d6fe05da5dde7eb00ff01a4f2e8ac83f7395878bed6f8fce8bc115c8a92e9307f002ca6aac80e9e250a51f53d4b121?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 14 Wisteria Street Blue Horizon Bay 6070 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.971870578207 25.258229889549

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang