Oceanbreeze 13
Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ellcock-straat 47, Winklespruit, Kingsburgh, 4145, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R900R810 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Oceanbreeze 13 is 'n selfsorg-eenheid op die grondvloer in 'n cabana-styl op Winklespruit se strand en die kompleks bied direkte toegang tot die strand.
Die eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en is 'n moderne, goed toegeruste ateljeewoonstel met 'n dubbelbed en ingeboude kaste in die slaaparea wat met skuifdeure van die sitarea geskei kan word. Die oopplan-sitkamer het 'n stapelbed. Daar is 'n tafel met 4 stoele en 'n TV met DStv.
Die moderne kombuis het graniettoonbanke en is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Die eenheid lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel en 5 stoele en ongelooflike uitsigte oor die see en tropiese tuin. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamer en sitareas. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring. Rook in die eenheid is verbode, maar gaste mag op die stoep rook.
Die kompleks bied verskeie braai-areas met tafels en stoele. Daar is ook 'n swembad vir kinders en 'n tweede, groter swembad. Daar is onderdakparkeerplek en 24 uur-sekuriteit by die kompleks.
Ons is na aan 'n winkelsentrum, mediese geriewe en slegs 8 km van die Galleria Mall in Amanzimtoti. Daar is ook 5 gholfbane om van te kies in die omgewing en die wêreldbekende Aliwal Shoal naby Umkomaas vir skubaduik. Durban en al die geriewe wat die stad bied is slegs 25 minute weg en die Durban Internasionale Lughawe sowat 60 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Dries Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 92
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Ellcock-straat 47, Winklespruit, Kingsburgh, 4145, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Oceanbreeze 13 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Winklespruit Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ellcock-straat 47, Winklespruit, Kingsburgh, 4145, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang