Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oleander Guesthouse

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carringtonweg 28, Memorial Area, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Oleander Guesthouse is 'n asemrowende Edwardiaanse huis wat meer as 'n eeu oud is. Dit is sentraal in die geskiedkundige voorstad Belgravia in Kimberley geleë. Die huis het 'n pragtige tuin met 'n selonsroos, die oudste een in Suid-Afrika, wat trots in die voortuin staan. Kom ervaar die vriendelike, rustige en ontspanne atmosfeer van hierdie merkwaardige gastehuis.

Die verblyf word in luukse en suite-slaapkamers wat elk in ’n Franse koloniale styl versier is aangebied. Die kamers het elk moderne geriewe, soos ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n elektroniese kluis, eerlikheid-yskassie met voorraad, kamerjasse, pantoffels en tee- en koffiemaakgeriewe. Van die executive-kamer het ook ’n privaat sitarea.

Oleander spog met ’n knus restaurant op die perseel, Laurier Blanc (Frans vir 'n wit selonsroos). Die restaurant is stylvol versier met 'n tikkie Franse flair. Gaste wat hier kom aansit, betree die lokaal via 'n gang met 'n wynversameling. Die sonderlinge interieur sluit kandelare, lang gedrapeerde gordyne en tafels wat pragtig gedek is in. Die restaurant vloei na 'n tipiese Franse stoep met 'n wingerd-pergola en 2 tradisionele sierfonteintjies. Dit skep 'n heerlike atmosfeer terwyl gaste die fynproewersdisse en gehaltewyn geniet.

Gaste kan lekker op die terras sit gedurende die somermaande, of op die houtdek wat oor die 12 meter lange swembad en pragtige tuine uitkyk. Gedurende die wintermaande kan gaste lekker voor slapenstyd opkrul in die gemak van die smeulkool-verhitte sitkamer met 'n stomende koppie warm sjokolade of cappuccino of selfs 'n nagsopie in die hand.

Toegang tot die perseel word streng beheer. Die perseel het omheinde parkeerplek, ’n elektroniese heining, alarms, lasersekuriteit en geslotekringtelevisie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 92 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Frank D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly. Goed georganiseerde verblyf. Net 'n positiewe ervaring.
Sep 2024
Ilse V
Saam met lewensmaat
5.0
Na 'n lang dag se reis is Oleander telkens 'n oase van luukse bederf! Deur jare se voortreflike diens is ons lojale gaste van Oleander. Die kamers is ...
Sien meer
Sep 2024
Dr. Jannie V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie goeie bestuur en atmosfeer deur Martina en haar span. Lekker gebly. Kan Oleander baie sterk aanbeveel.
Sep 2024
Esmé V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis aanbeveel. Pragtige gastehuis. Veilige omgewing. Pragtige tuin en swembadarea. Heerlike etes. Personeel baie vriendelik en goed opgelei. Al...
Sien meer
Jun 2024
Salmon S
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend. Heerlik gebly! Gerieflike bed.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Philene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 92

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Carringtonweg 28, Memorial Area, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Gaste dink Oleander Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kimberley Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carringtonweg 28, Memorial Area, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZmYjljNWU2LTc5OTYtNDVhZC04N2MyLWJjODFlZDQ0MzgwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 92 5 1 5 28 Carrington Way Memorial Area 8301 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -28.752220203622 24.774285256863

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang