Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oppikoppi

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bothastraat 16, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R690 R552 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Oppikoppi bied gerieflike oornagverblyf in De Kelders. Verblyf word in 2 eenhede naamlik, Walker View-eenheid en Oppikoppi Selfsorgeenheid, gebied.

Die Walker View-eenheid front na noord en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit het sy eie ingang. Die oopplan-eenheid is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die toilet is gerieflik apart.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het 'n TV en WiFi is beskikbaar om Netflix en YouTube te kyk.

Die eenheid lei na 'n stoep met 'n gedeeltelike uitsig oor die baai en gaste het toegang tot braaigeriewe. 'n Skoonmaakdiens is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar. Veilige parkering en goeie sekuriteit is beskikbaar.

Oppikoppi Selfsorgeenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed vir 2 kinders. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n stoof, yskas en 'n mikrogolf toegerus. Gaste kry veilige parkeerplek.

De Kelders bied verskeie doendinge en besienswaardighede soos walviskyk tussen Julie en November, haaihokduik en swem. Gaste kan ook die ondergrondse grotte verken in Walkerbaai en by De Kelders. Stanford’s Cove strand is gerieflik naby geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig
Vervoerdienste

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Mike S
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely spacious well kitted out unit. Ample safe parking. We had a lovely two-night stay. The unit is spacious and bright, was very cle...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Engela H
Saam met vriende
5.0
Ek sal weer hier bly . Baie lekker, vriendelike diens, netjies. Alles wat nodig is so ver van die huis af.
Nov 2024
Samuel V
5.0
Pragtig. Uitstekende verblyf, bereidwillig om ekstra myl te loop vir kliënte. Nice gebaar om te wag vir my, ongeag ek baie laat was. Heerlike nagrus, ...
Sien meer
Sep 2024
Suzette D
Saam met vriende
4.8
Goeie waarde vir geld, baie lekker gebly. Ons het baie lekker gebly.
Sep 2024
Jan V
Gesin met klein kinders
5.0
Aangename gasvryheid. Die verblyf is baie netjies en skoon met goeie dekor en linne. Dit is die beste vir iemand wat stil en rustige blyplek van hoogs...
Sien meer
Jan 2022

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hentie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Bothastraat 16, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oppikoppi het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R690
R 690 R 552
per nag (plek vir 2)
Vanaf R690
R 690 R 552
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bothastraat 16, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0cef2f9d3335fecef2beafc4051cfeef0deb3539872f2b35fb2ccacd1f6df9bfcc1b1bec3bb06a8220451a6c52f95be7991?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R690 nouVanaf R552 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 16 Botha Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.560260776266 19.359676598668

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang