Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oregon Place Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bhimy Damanestraat 30, Hoek van Bhimy Damane- en Coetzeestraat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Oregon Place Guesthouse is in Middelburg, Mpumalanga op die N4 geleë, so dis die perfekte oornagplek vir reisigers onderweg na Mosambiek, Swaziland, die manjifieke Mpumalanga-roete en die Krugerwildtuin.

Die gastehuis is in 1923 gebou en pragtig gerestoureer. Dit bied die ideale verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers met al die gerief van 'n pragtige huis in 'n ontspanne, vriendelike en professionele omgewing.

Die verblyf word in 14 en suite-kamers aangebied en elkeen beskik oor 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Geriewe in elke kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n waaier en verwarmer, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Hoewel rook verbode is in al die kamers word dit by aangewese rookareas toegelaat.

'n Smullekker Engelse ontbyt kan in die ruim eetarea geniet word. 'n Tweegangaandete word saans van Maandag tot Sondag bedien. Laat weet ons asb. voor aankoms indien jy enige spesiale dieetversoeke het. Indien jy wil uiteet beveel ons graat plaaslike restaurante aan.

Ander geriewe sluit WiFi, veilige onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheer-hek en wasgoeddienste op die perseel in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Theo E
Saam met lewensmaat
5.0
Hartlik ontvang, pragtige gastehuis met puik diens! Hartlik ontvang, pragtige gastehuis met puik diens.
Apr 2024
Hannelie D
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike, netjiese akkommodasie en vriendelike ontvangs. Ons het lekker gebly, netjiese kamers en die personeel was baie vriendelik en het ekstra mo...
Sien meer
Apr 2024
Chantelle S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker, mooi, en rustig! Wat 'n pragtige plek met wonderlike diens! Skoon, netjies, en behulpsaam! Gaan regtig uit hul pad om mens die beste wegbreek ...
Sien meer
Mrt 2024
Andriesa G
5.0
Daar is liefde, vrede en geluk. Warm ontvangs, kos baie lekker. Baie netjies en so mooi binne en buite.
Sep 2023
Santa V
5.0
Vriendelike mense met uitstekende diens! Baie gasvry en die eienaar het baie moeite gedoen!
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Nikita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Bhimy Damanestraat 30, Hoek van Bhimy Damane- en Coetzeestraat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Oregon Place Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 330
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 330
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bhimy Damanestraat 30, Hoek van Bhimy Damane- en Coetzeestraat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd831d699e0124084de44b1221f700203315e044fe5cb07a61f8bafb27390091e8807485c7310a57864dc125c9bd419b2affe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 30 Bhimy Damane Street c/o Bhimy Damane and Coetzee Streets 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.765254827169 29.460423588753

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang