Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Parkhurst Delight

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19de straat 93, Parkhurst, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Parkhurst Delight bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n oulike gastekothuis op die eienaars se woonerf in die voorstad Parkhurst, net 8 km van Sandton af.

Hierdie klassieke semi-gerestoureerde 1940-huis bied 'n lekker kombuis met 'n verhitte swembad en 'n stoeparea. Die kothuis is geskik vir 6 gaste en het 2 slaapkamers. DIe hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spabad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 enkelbeddens wat in die sitarea of in die slaapkamers geplaas kan word. Elke slaapkamer het lugversorging. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die ruim kombuis is vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis het ook 'n etenstafel met 6 stoele. Ekstra geriewe sluit onbeperkte WiFi, slim-TV's met toegang tot Netflix en Amazon Prime in. Daar is ook 'n privaat stoep met 'n 'n uitsig oor die swembad. Die swembad kan teen ekstra koste verhit word.

Die eiendom het gewapende reaksie en dit is naby verskeie restaurante, 6 parke en groenareas met verskeie opsies vir oefen, voëlkyk en stap. Die kothuis is ideaal vir gesinnem sakereisigers en klein feesvieringe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Chad Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 19de straat 93, Parkhurst, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Gaste dink Parkhurst Delight het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19de straat 93, Parkhurst, Johannesburg, 2193, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22be5695fda080446830a04d0eee04f69a1a6c82ff0973f4881cf07ccf1dec4bc4e3a82c0d87af7a08bfa509a6e94354131d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 93 19th Street Parkhurst 2193 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -26.134717039912 28.023615017791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang