Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Petite

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselstraat 6, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Petite is 'n lieflike, knus woonstel op die gasheer se eiendom in Struisbaai. Die woonstel is ideaal vir reisigers wat op soek is na 'n gerieflike plekkie om te bly.

Dié oopplan-woonstel het slaapplek vir 3 gaste en daar is 2 enkelbeddens wat in 'n koningingrootte-bed omskep kan word, asook 'n enkelslaapbank in die sitarea. Daar is geen aparte slaapkamer nie. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die kombuisie het 2 enkelplaat-induksiestowe, 'n yskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Wi-Fi en DStv is beskikbaar.

Die stoep bied sitplek en 'n braai-area waar gaste kan terugsit en somersaande geniet.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Aktiwiteite en besienswaardighede in Struisbaai sluit Kaap Agulhas-vuurtoring en -museum, De Hoop Natuurreservaat, verskeie staproetes, branderplankry en visvang in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

3

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Monique S
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi. Dankie vir die ongelooflike skoon en netjiese plekkie. Alles wat jy nodig het.
Nov 2024
Rene J
Saam met lewensmaat
5.0
Baie baie lekker. Ons het verskriklik baie lekker gebly.
Aug 2024
Mario N
Saam met vriende
5.0
Excellent. We felt very welcome, safe and at home when we arrived. They allowed me to use their personal freezer to store my bait. The ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Lozaan J
5.0
Heerlike kuier! Ek het baie lekker gebly. Dit is skoon en netjies en baie goed toegerus. Beslis waarde vir geld! Die gasvrou is vriendelik en baie beh...
Sien meer
Apr 2024
Jacques N
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Baie heerlik en fantasties gewees. Verseker kom ek weer.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Mosselstraat 6, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Petite het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselstraat 6, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8d38fd333d97cdc1f3144befe1dac54e60e8aad57762586b3a0cc65788808218701ed73c74b29bf6348a930de804e75ba538?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 3) 19 5 1 5 6 Mossel Street Struis Bay 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.8080238 20.0496887

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang