Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Prinspoort Klein Karoo Stay

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Charl K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Absoluut uitstekend. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Ons streef te alle tye om ons gaste se verblyf so genotvol as moontlik te maak en om oomblikke van louter vreugde te skep. As ons in die doel geslaag het, is ons tevrede. Groete, Lianda

Obie B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2023

Sielerus. Alles waarvoor 'n mens kan vra en meer! Die gashere gaan uit hul pad om jou welkom te laat voel. Die stoep met die heerlikste onderdakbraai-area, die allerlekkerste verwelkomingsboodjie en die kamerdeure wat op die stoep oopmaak en 'n uitsig op die plaas en berge bied was ekstra pluspunte. Aandag word gegee aan die kleinste detail. Ons het deurgaans baie veilig gevoel. Die plaasgeluide was heerlik om te beleef. Ons het selfs middagete geniet by die piekniekplek. Ons sal Prinspoort beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Sielerus is presies wat Prinspoort Klein Karoo Stay sy gaste wil bied. Ons is regtig bly dat jy jou verbyf so geniet het, Obie.

Christelle S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2023

Lekker rustig, mooi uitsigte en baie netjies! Daar is alles wat jy benodig en nog meer. Dit was regtig 'n bederf om daar te kon wees al was ons net daar vir een nag. Dit is baie netjies en soveel 'personal' touches wat dit net soveel lekkerder maak. Ek sal dit verseker vir enige iemand aanbeveel wat rustigheid soek en mooi natuur.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Dit is altyd lekker as ons gaste die huisies waardeer en die persoonlike 'touches' raaksien. Kom gerus weer en bly langer!

Johan K
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Jan 2024

Heerlike Karoo verblyf. Was baie tevrede met die verblyf. Een badkamer se kraanmeganisme het losgekom.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Ons kan maar net verskoning maak indien daar probleme met die kraanmeganisme ondervind is. Dit is werklik jammer dat die gas dit nie aangemeld het gedurende hulle verblyf nie sodat ons die kans gegun kon word om dit reg te stel. Daar het wel gaste in dieselfde wooneenheid gebly na die betrokke gas se vertrek - en vir 'n langer periode - wat geen probleme met die kraanmeganisme ondervind het nie.

Karen T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2023

Puik verblyf. Rustige plaas atmosfeer. Stap in die veld. Aan te beveel! Dit was ons (familie van 6 volwassenes met 2 kleinkinders) se 2de kuier op Prinspoort plaas! Weereens heerlik rustig en veilig gekuier. Als wat jy benodig, is daar. Bring net jou kos en klere en jy is gewaarborg vir 'n tydjie uit die boeke! Baie dankie aan die gasvrou vir haar vriendelikheid, asook besorgdheid oor ons rit vanaf die Paarl gedurende die 'groot reëns' van die Weskaap. Sy het selfs vir ons die padtoestande aangestuur en voorgestel watter roetes om te neem met al die paaie, passe en tonnel wat gesluit was! Ons wens julle 'n mooi jaar toe, almal op Prinspoort tot DV volgende keer! Mooi loop!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Dit was net `n plesier om julle hier te kon ontvang Karen. Altyd lekker om te hoor dat gaste hulle verblyf hier geniet het. Ek hoop die weer speel saam volgende keer. Groete, Lianda

Byron K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2022

Baie, baie lekker. Die plek was baie nice, veilig en skoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Dit is ons plesier om ons gaste se verblyf hier so ontspannend en lekker moontlik te maak. Die grootste kompliment is as ons gaste nie wil huis toe gaan nie.

Tertia M
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2022

Rustig en ontspannend. Die gasvryheid en Lianda se ekstra moeite laat jou onmiddellik tuis voel. Pragtige plek met uitstekende diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Dit is `n groot eer as iemand jou verblyfplek kies om `n seun se mondigwording te vier. Baie dankie dat julle Prinspoort Klein Karoo Stay vir hierdie eer gekies het. Dit was ons plesier om te help om dit `n baie spesiale naweek te maak.

Van Heerden C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

Klein Karoo-betowering. Presies waarna ons op soek was vir ons gesin en honde! Lianda en Freddie se gasvryheid was besonders.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Dit was heerlik om ons besondere Klein Karoowereld met julle te deel en te kon sien hoe julle dit geniet. Ons poog hier by Prinspoort Klein Karoo Stay om elke gas se verblyf in `n besondere ervaring te omskep en dit gee ons groot vreugde as ons gaste tevrede is.

Johan A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2022

Uitstekende verblyf en gasvryheid. Die kort verblyf oor een naweek was heeltemal te min om die ware puik omgewing in uitstaande verblyf regtig te waardeer, sterk aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Dit gee ons groot vreugde as gaste die omgewing waarvoor ons so lief is waardeer en geniet. Kom gerus weer en bly dan langer sodat ons nog meer van ons betowerende omgewing vir julle kan wys.

Lize C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mei 2022

Beste plek ooit. Hierdie plek is n absolute diamant. Ons het heerlike gekuier. Dadelik welkom gevoel toe ons instap. Heerlike vars brood met kase en konfyt. Pragtige wit linne met spesiale soetigheid op die kussing. Genoeg handdoeke. Huis is gemaklik toegerus met 'n lekker skerp mes vir die kombuis. Heerlik bederf met 'n scone nog warm op 'n oggend. Badkamers is netjies en skoon. Lekker swembad om af te koel. Ons toer nogal graag gereeld rond, en ek moet sê hierdie was vir seker 'n 10/10 en die absolute bonus: ons staffie kon dit saam geniet het. Met 'n pakkie nibbles spesiaal vir haar. Soveel meer wat ek kan se. Maar julle moet bespreek om self te beleef.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lilian
Prinspoort Klein Karoo Stay
Ons is so bly dat julle die verblyf hier so geniet het. Ons streef daarna om elke oomblik hier besonders te maak sodat ons gaste se ervaring van die tyd saam met ons op Prinspoort Klein Karoo Stay `n belewenis is. Ons hoop om julle binnekort weer te kan bederf. Julle was uitsonderlike gaste en dit maak saak.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lilian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Kruitfontein, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c9a30292482d903aed2a50afb339c353e5d035d0378f50c6af16e074abc6e5eb9a9f1f2763bc8ca9b8ad2592d4652aa455f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 19 5 1 5 Kruitfontein Farm Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.529256624419 20.855029311738

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang