Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rancho Relaxo

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berwick-weg 17, West Beach, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 355 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Rancho Relaxo is om die draai van Blouberg se hoofswemstrand en dis 'n pragtige vakansie-villa met gesofistikeerde en moderne afwerkings. Dis die ideale verblyf vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie en bied 'n oordstyltuin met 'n sprankelende soutwaterswembad.

Die villa bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 2 badkamers en 5 slaapkamers waarvan 4 lugversorging het. Die hoofsuite het 'n koninggrootte-bed, 'n instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 4 kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en gaste in dié kamers maak van 'n gedeelde badkamer met 'n hoekbad en 'n stort gebruik. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea het 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n Nespresso-koffiemasjien toegerus is. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die pragtige sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix en die volledige DStv-pakket. Daar is ook 'n kantoor en gratis WiFi.

Die groot kuierarea buite het 'n eetarea met 'n ingeboude braai, sonstoele langs die swembad en 'n sitarea onder 'n sambreel. 'n Buitestort is beskikbaar vir wanneer gaste van die strand af kom. Gaste kan om die vuurput kuier en skemerkelkies geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

3.2/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
1.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
1.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 769

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Berwick-weg 17, West Beach, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rancho Relaxo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 355
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 5 355
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berwick-weg 17, West Beach, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA374539b3376caf8e84b9a09b450851160457e762f9539b049a6ad540daa86fe3302a7bd323c11c6130b66ffbce645f68c64e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 355 per nag (plek vir 10) 1 5 1 4 17 Berwick Road West Beach 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.808554 18.477102

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang