Red Gate Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palgrave-straat 93, Dormehlsdrift, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Red Gate Cottage is in 'n pragtige, stil woonbuurt van George geleë. Hierdie eenheid is perfek vir 'n alleenreisiger of 'n paartjie. Die geriewe is nie geskik vir ekstra gaste nie, so geniet asseblief die geriewe op die Tuinroete as jy vriende wil ontmoet.
Dié selfsorgkothuis is op die eienaar se perseel geleë en bied slaapplek aan 2 gaste. Die eenheid beskik oor 'n kombuis, 'n slaapkamer en 'n en suite-badkamer. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, 'n induksieplaat, broodrooster, en tee- en koffiemaakgeriewe asook 'n etenstafel met 2 stoele.
Die slaapkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed en 'n wasbak. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n TV en 'n haardroër.
Die hele eiendom is omhein en veilige parkeerplek word agter 'n afstandbeheerde hek voorsien.
Red Gate Cottage is sentraal geleë en sowat 4 km vanaf Mediclinic George en 400 m vanaf 'n GoGeorge-bushalte.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Privaat ingang
Dienste
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anli Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Palgrave-straat 93, Dormehlsdrift, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Red Gate Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palgrave-straat 93, Dormehlsdrift, George, 6530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang