Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rietrylaagte Accommodation and 4x4

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietrylaagte Plaas, Trawal, 8147, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Rietrylaagte Accommodation and 4x4 is 5 km van die N7 af op 'n grondpad naby die plaasgemeenskappie, Trawal. Ons verblyf is die ideale oornagplek vir diegene wat tussen Kaapstad en Namibië reis, of vir dié wat in die lente kom blomme kyk.

Patrys het 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Daar is lugversorging en 'n alarmstelsel in die huis. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n groot ingeboude braai. Die kombuis is met alles toegerus wat gaste sal nodig hê om 'n sorgelose selfsorgwegbreek te geniet. Gaste ontvang ook sjokolades en koffie- en teemaakgeriewe. Let dat die eenheid 'n TV, asook WiFi het.

Tarentaal beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Daar is plafonwaaiers en lugversorging in elke kamer, en 'n alarmstelsel in die huis. Die kombuisie is met alles wat vir sorgvrye selfsorgverblyf nodig is, toegerus. Die eenheid het 'n TV en WiFi.

Kolgans beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en daar is gratis WiFi. Ander geriewe sluit tee- en koffiemaakgeriewe in. Die eenheid het 'n alarmstelsel, 'n onderdak-stoep en braaigeriewe.

Daar is selfoonsein in sekere dele op die plaas.

Hier kan gaste die plaaslewe ervaar sonder om moderne geriewe prys te gee. Gaste kan dalk self wildspesies op die plaas gewaar en die natuurgeluide geniet. Let asb. dat daar nie selfoonsein by die huis is nie, maar jy kan wel op die WiFi bel.

Doendinge sluit veldblomkyk gedurende die velblomseisoen, stap op die plaas en 4x4- en bergfiets-roetes in. Die plaas bied ook geleenthede vir fotograwe om die landskap, wild, sonsondergang en dagbreek vas te vang.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 106 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Carina B
Saam met vriende
5.0
! Heerlik gebly. Die nuuskierige poue wat kom hello sê het in die oggend was 'n hoogtepunt.
Okt 2024
Gloudiena F
Saam met vriende
5.0
Lieflike skoon en netjiese huisie toegerus met alles wat 'n mens nodig het. Baie lekker gekuier op die plaas. Ons het die stilte en rustigheid waardee...
Sien meer
Okt 2024
Ilana V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustigheid. Heerlike rustige atmosfeer. Alles was skoon en netjies.
Sep 2024
Charlene M
Saam met vriende
5.0
Plaas vibes. Netjiese, rustige plekkie. Net wat jy nodig het om te herlaai. Alles wat jy nodig het!
Sep 2024
Elmarie S
Saam met vriende
5.0
Sal weer daar gaan bly in die toekoms. Dankie, ons het baie lekker gebly. Die huis was netjies en skoon. Alle kombuis- en braai-geriewe was daar. Met ...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wendy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 106

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Rietrylaagte Plaas, Trawal, 8147, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rietrylaagte Accommodation and 4x4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietrylaagte Plaas, Trawal, 8147, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA913cf112fc36efcf7444e5311ce1469b930abd9e861fe8c71f0d4b9fcc260839cd0eae2092c772a63b55bbe5fa4d91b498ae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 106 5 1 5 Rietrylaagte Farm Trawal 8147 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.866697051212 18.558311462402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang