Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lowestoffe Country Lodge: Rockford Lodge

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rockfordplaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • Vanaf R5 064 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Lowestoffe Country Lodge: Rockford Lodge is 'n bekoorlike selfsorghuis wat net 14 km vanaf Hogsback geleë is. Hogsback is vir sy natuurlike skoonheid en asemrowende landskappe bekend. Hierdie dorpie is teen die hange van die Amatolaberge en word deur inheemse woude, watervalle en skilderagtige staproetes omring.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Een van die 2-enkelbedkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die gaste van die ander slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, yskas-vrieskas en die nodige eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel vir daardie koue winteraande.

Die onderdakstoep het 'n etenstafel met stoele en spog met 'n pragtige uitsig oor die weivelde wat na die Klipplaatrivier strek. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Die Klipplaatrivier het talle skilderagtige plekke en diep poele om te verken. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ligging

  • Rockfordplaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Amathole-distrik Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 5 064
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 5 064
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rockfordplaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb494744e0dcba3e0f39a0d71cde50e2c9070e8b4e88311e83e1b1d5f894b38635b7d9a916f703300946964c9f4f8c75464d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 064 per nag, vir 8 mense Rockford Farm Hogsback 5721 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.477071 26.932321

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang