Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rowweklip 23 Selfsorg

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rowwekliplaan 23, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Rowweklip 23 Selfsorg is op die gasheer se eiendom in die pragtige kusdorp, Jongensfontein in die Wes-Kaap geleë. Die woonstel is ideaal vir 'n groep vriende of familie wat op soek is na 'n rustige vakansie-wegbreek.

Die woonstel het 'n privaat ingang en 3 slaapkamers en 2 badkamers. In die hoofslaapkamer is 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, 'n stort, toilet en wasbak. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV, vol DStv-kanale, 'n etenstafel en 'n kombuis. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware. WiFi is ook beskikbaar.
'n Batterystelsel sorg dat die TV, DStv en WiFi steeds tydens beurtkrag werk.

Buite is 'n stoep met sitplek, asook 'n braai waar maaltye gemaak kan word.

Gaste is naby 'n getypoel, 2 winkels, 'n drankwinkel, asook gewilde restaurante en kroeë. Die getypoel is ideaal vir klein kinders om veilig gedurende lae gety te baljaar. Ander aktiwiteite sluit visvang, snorkel, stap, fietsry en branderplankry in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Paul A
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful. Great view, friendly town, great service from the owner and a very pleasant stay. Highly recommended. My family had a great ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Andries T
Gesin met tieners
5.0
Pragtige woonstel met als wat jy kan nodig kry. Baie lekker gekuier, baie privaat met 'n mooi tuin en uitsig oor die see.
Jan 2024
Jj J
Gesin met klein kinders
5.0
Best view of the ocean. Lekker braai area, and even catered for load shedding. DSTV and WiFi was always on. Really great place to stay ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Estelle M
Gesin met tieners
5.0
Fantastiese plek met 'n uitsonderlike gasheer. Ons het heerlik gebly en die pragtige plek is uitstekend toegerus. Flippie is 'n ongelooflike gasheer w...
Sien meer
Jul 2023
Bianca R
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflik! Fantastiese verblyf! Alles wat jy benodig!
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Flippie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rowwekliplaan 23, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rowweklip 23 Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R980
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R980
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rowwekliplaan 23, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f66702edd5b79ae105e907c99b916ff962ff5e4b5982ae32bead2712aa9a484dc0525ae92b0441d6fc85df91ba783b50592?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 Rowwekliplaan 23 Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.432280836785 21.331297918463

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang