Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Madeleine's

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiepersolsingel 38, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Madeleine’s is 'n knus selfsorgvakansiewoonstel op die eienaar se perseel in die kusdorpie Jeffreysbaai. Die woonstel is stapafstand vanaf Lower Point-strand, wat dit die perfekte omgewing maak vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie.

Die eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en ń stapelbed wat geskik is vir kinders. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Toegang tot die leefarea is deur die eerste slaapkamer. Gaste in albei slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Alle linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige leefarea spog met 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe in. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Langs die kombuis bied die sitarea gemaklike sitplek, 'n muurgemonteerde TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite kan gaste op die lieflike stoep met buitemeubels ontspan en die buitebraai geniet, wat dit die perfekte plek maak om 'n oggendkoffie of 'n laatmiddag skemerkelkie te geniet. Parkeerplek word op die inrit van die perseel voorsien. Die verblyf is gerieflik naby verskeie plaaslike restaurante en winkels geleë. Dit dien ook as 'n ideale basis vir gaste wat nabygeleë besienswaardighede soos Tsitsikamma, Addo Olifantpark en die Baviaanskloof Natuurreservaat wil verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ligging

  • Kiepersolsingel 38, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiepersolsingel 38, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8a9547f5809c67c8172cceef2a080e8b4d0eb5a4a5308b873e040244870d6ee4b4bfce6b5902ba69fe0cdb97cdc5b412974?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense 38 Kiepersol Crescent Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.0259567 24.9245446

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang