Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

RusteVinde Gasteplaas

  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas RusteVinde, Eersbewoondpad, Gedeelte 7 vanaf die Plaas Vygeboomspoort, Tussen Modimolle en Bela-Bela, 0510, Limpopo
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

RusteVinde Gasteplaas is 'n selfsorg-gasteplaas in Modimolle in die Waterberg-distrik in Limpopo.

Daar is 6 eenhede beskikbaar. Chalet 1 het 'n koningingrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, 2 yskassies, 'n mikrogolfoond, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook DStv en gratis WiFi.

Chalet 2 het 1 dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, asook lugversorging. Die chalet het 'n kombuisie wat met 'n stoof, yskas met 'n klein vrieskassie, mikrogolf, ketel, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is DStv en gratis WiFi is beskikbaar.

Chalet 3 het 1 dubbelbed, 'n en suite-badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het, en lugversorging. Die chalet het 'n kombuisie wat met 'n stoof, yskassie, mikrogolf, ketel, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is DStv en gratis WiFi is beskikbaar.

Boshuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n stort en bad.

Die huis het ook 'n oopplan-leefarea en -kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Daar is ook WiFi. Daar is ook 'n privaat warmbad beskikbaar.

Papierbas het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Dit is goed gemeubileer en is op 'n heuwel geleë wat asemrowende oostelike uitsigte beloof.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n slaapbank en 'n lessenaar. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n slaapbank. Daar is 2 badkamers waarvan beide 'n toilet, stort en 'n wasbak het.

Papierbas het ook 'n privaat warmbad.

Uitsig beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n slaapbank. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n binnebraai. Daar is 'n houtvuurwarmbad op die stoep, asook DStv, WiFi, lugversorging, sonkrag en 'n gemeenskaplike swembad.

Uitsig het 'n privaat warmbad.

Gaste word omring deur flora en fauna en kan die pragtige tuin met koi dam, en natuur geniet. RusteVinde Gasteplaas is 'n ideale wegbreek vir diegene wat stilte en afsondering soek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Dieter K
Saam met vriende
5.0
Rustige verblyf, vriendelike gasvryheid, maklik toeganklik. Wonderlike tyd daar spandeer.
Sep 2024
Christal V
Saam met vriende
5.0
Peaceful location and beautiful house. Ria is a friendly host and is great with her communication. The accommodation is beautiful and e...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Jan C
5.0
Verblyf was baie goed en netjies. Ja, ons het lekker gebly.
Jun 2024
Tarina V
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste plek in die Boaveld met alles en nog meer! Baie dankie Ria. Soos my man gesê het, dit is die hemel, mooiste plek, beste ontvangs van Ria, ba...
Sien meer
Feb 2024
Adré O
5.0
Heerlike en rustige omgewing. Baie mooi, skoon en netjies. Heerlike verblyf. Rustige omgewing. Baie netjies en skoon. 'n fantastiese gasvrou wat 'n me...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Plaas RusteVinde, Eersbewoondpad, Gedeelte 7 vanaf die Plaas Vygeboomspoort, Tussen Modimolle en Bela-Bela, 0510, Limpopo
  • Gaste dink RusteVinde Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas RusteVinde, Eersbewoondpad, Gedeelte 7 vanaf die Plaas Vygeboomspoort, Tussen Modimolle en Bela-Bela, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2a6f379295be9c9046610ed09580bd8a89cc6305901e92d55bb0aa6600c57cc3fdceeecd605e3a5e667a57638edcdb93980?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 2) 47 5 1 5 Plaas RusteVinde, Eersbewoondpad Gedeelte 7 From the farm Vygeboomspoort 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.777485265329 28.43031624918

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang