Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rustgevonden

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Louie-marie K
Kort verblyf
5.0
Jul 2024

Rustig, privaat, en baie netjies, ons het heerlik gekuier, sal beslis weer gaan. Pragtige plek, mooiste uitsig, baie diere, heerlik saam die familie gekuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie vir julle terugvoering, ons waardeer dit baie. Kom besoek Rustgevonden weer asb.

Rosalinda H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Excellent and highly recommended. We were really impressed with the spacious accommodation and the design for shelter against the heat of the region. The aircon is definitely a big bonus.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Thank you Rosalinda for your review. Much appreciated.

Stern S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Jy kan daar rus vir jou siel vind. Lieflike ruim huis met privaat erf. Alles is daar wat jy mag benodig. Pragtige uitsig oor die bosveld. Baie diere gesien en gevoer. Lekker braai areas. Die kinders het die vingerbord en tafeltennis geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie vir julle terugvoering, Dini. Ons waardeer julle resensie. Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom in die toekoms.

Esmari L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Jul 2024

Natuur op jou stoep! Letterlik binne-in die natuur! Die huis is pragtig en die uitsig is fantasties. Die diere wat ons kom besoek het by die huis was 'n treffer vir die kinders. Die huis is lieflik ingerig met alles wat mens nodig kan hê, tot speletjies vir die kinders. Die uitkloktyd van 9 uur is nie baie lekker nie, want mens het skaars opgestaan en daar is nie tyd om ontbyt te maak en te geniet nie, want dan moet mens vertrek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Anita
Rustgevonden
Dankie Esmari vir jou terugvoering. Ons is bly julle het dit geniet by Rustgevonden. Ons uitboek tye hang af van besprekings. Op die spesifieke dag van julle uitboek moes die skoonmaak dames inkom om die huis vir die volgende gaste wat vanaf 14h00 inboek in gereedheid te kry. Skoolvakansies is 'n baie gewilde tyd by Rustgevonden. Nogmaals dankie vir julle besoek en hoop om weer van julle te hoor.

Louw R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

Uitsig asemrowend vanaf die stoep en lekker gekuier, ontspan en gerus. Ons klomp vriende het so lekker gebly en gekuier, dat ons nog 'n nag wou oorslaap, maar ons werk het ons nie toegelaat nie. Ons het klaar besluit om vroeg volgende jaar in 2024 weer vir 'n naweek te bespreek wat ons al op 'n Donderdag sal begin en Sondag of Maandag eers weer uitboek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie Louw vir jou pragtige positiewe resensie. Ons is trots op Rustgevonden en probeer altyd n hoe standaard handhaaf. Julle is welkom om weer te kom kuier en hoor graag van julle.

Johan B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Rustige boservaring met baie diere. Baie lekker gekuier met niemand en niks wat jou pla nie, pragtige uitsig op die bos.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie Johan vir jou terugvoering. Ons waardeer dit opreg en is dankbaar dat julle die kuier in die bosveld geniet het.

Sonja B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

Perfek. Lekker kuierhuis. Goed toegerus en ingerig. Vriendelike diens. Skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie vir julle terugvoering. Ons waardeer dit opreg.

Ruth W
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

Wonderlike uitsig, ruim, gerieflik, stil en rustig. Rustgevonden is beslis die regte naam! As jy wil uitrus, is dit die beste plek om te wees. Die huis het baie spasie en is baie gerieflik ingerig. Daar is alles wat mens nodig het. Die beddens is in puik kondisie en slaap baie lekker. Die kombuis is groot en baie goed ingerig met 'n groot yskas en aparte klein vrieskas. Die stoof het gasplate, die noodligte in kombuis en leefarea is helder en werk baie goed tydens beurtkrag. Die erf is groot en jy kan nie die bure sien nie. Die groot stoep met die lê-banke is baie lekker. Die diere kom gereeld in die tuin kuier, maar is nog nie te mak nie. Ons het dit baie geniet en regtig lekker uitgerus. Ons wil weer binnekort by Rustgevonden gaan vakansie hou!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie vir jou pragtige woorde. Ons waardeer julle terugvoering baie. Julle is welkom om weer te kom rus by Rustgevonden.

Hannelie M
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mei 2023

Ongelooflik rustig. Dit was 'n baie mooi uitsig oor die berge. Dit is doodstil en ons het baie lekker gerus. Sal dit enige tyd weer doen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie vir julle terugvoering. Ons hoor graag weer van julle.

Wynand V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2023

Heerlik. Ons het ongelooflik lekker gebly en sal vir seker terug gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Rustgevonden
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ons waardeer dit baie. Hoop om weer van julle te hoor.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 040
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 040
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erf 16, Leeukruin, Leeupoort, Thabazimbi, 0380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA05d9511b2ad0852aa0ac29fd03dbd320efa6ba62ff404ab580195feea057933d2d5c15f7dc9b78f8efaef0080a0d7c4a05d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 040 per nag (plek vir 6) 42 5 1 5 Stand 16, Leeukruin Leeupoort 0380 Limpopo 021 201 8901 14:00-21:00 09:00 -24.923536435781 27.650442123413

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang