Saints View Resort Unit 18
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Des 2024 tot 13 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Op die hoek van Collin- en Staffordstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Saints View Resort Unit 18 is 'n selfsorgwoonstel op die tweede verdieping in die hartjie van die Hibuskuskus in KwaZulu-Natal. Dié woonstel is loopafstand vanaf Uvongo se hoofstrand met sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste van die eenhede het pragtige see-uitsigte.
Saints View Resort Unit 18 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders in 3 slaapkamers en daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eet en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea vir 2 kinders onde 12. Die en suite- badkamer het 'n stort en 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en die TV-kamer het lugversorging (wat werk met koopbewyse) en 'n TV met sekere DStv-kanale. En die sitkamer en hoofslaapkamer lei na die ruim balkon met 'n ingeboude braai.
Saints View-tyddeeloord het 'n 9 putjie-minigholfbaan, klimraam, en 'n sprankelende swembad. Veilige ondergrondse parkeerplek is beskikbaar.
Die area bied vele opwindende doendinge. Gaste kan ’n heerlike ete by Mac Banana geniet, en sommer ook bietjie verfbal skiet. Daar is ook die Deli & Bakery, Mac Fish, verskeie winkels, ’n voëlkyk-dek, klimrame en speelareas vir kinders, die Butterfly Dome en ponieritte. Op pad Port Edward toe, kan gaste ook die Wild Coast Sun Casino besoek.
Lake Eland is die ideale plek om uitsigte te geniet omdat die natuur so pragtige is. Pure Venon, ’n slangpark, is op die Izotha-weg naby Shelley Beach, ’n opwindende plek vir kinders waar hulle oor verskeie tipes slange kan leer.
Shelley Beach bied ook die Must-Byt vis- en bootritte, diepsee-duik en -swem. Vir die ouers bied ons die Pistols Saloon net verby Ramsgate vir aandete en om lekker te ontspan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 696
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Op die hoek van Collin- en Staffordstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Saints View Resort Unit 18 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Op die hoek van Collin- en Staffordstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang