Salt Shore Studios
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krintang-singel 35, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Salt Shore Studios bied verblyf in die kusdorpie Vermont, net 'n entjie se ry vanaf Hermanus se middedorp. Die verblyf spog met sonkrag in geval van kragonderbrekings en is die ideale basis vanwaar gaste die besienswaardighede en walviskykplekke in die omgewing kan besoek.
Verblyf word in 2 ateljeewoonstelle gebied en elkeen bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-uitleg met óf 'n dubbelbed óf 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Elke woonstel het 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n sitarea met 'n TV en toegang tot 'n stoep of 'n balkon met sitplek en braaigeriewe. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit walviskyk, visvang, wynproe, bergfietsry, voetslaan, museums, fantastiese restaurante, 'n soutpan en plaaslike winkels in.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Krintang-singel 35, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krintang-singel 35, Vermont, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang