Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 10908

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R8 125 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

San Lameer Villa 10908 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op San Lameer Estate. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal en is 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls. Die landgoed het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.

Dié villa het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer, terwyl die oorblywende 2 slaapkamers albei 2 driekwartbeddens het. 'n Stort is beskikbaar in die derde badkamer. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Langs die sitarea is 'n stoep met buitemeubels, 'n etenstafel en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir gaste om ten volle te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet. Dié stoep het ook 'n klein plonspoel waarin gaste kan afkoel op daardie warm somersdae.

Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan en daar is ook pragtige uitsigte. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke areas, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 76

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 125
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 8 125
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA52b430863d8dae01e0b049c1f688c3cb652c43addfefcaa71cc0c935e1f8758a11cfa03c24468aa44e2d78220ad0671781eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 125 per nag (plek vir 8) Main Road San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.943465 30.290379

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang