San Lameer Villa 2816
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 375 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2816 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en is 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls wat iets aan die hele gesin bied. Hierdie natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villa's en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Dié smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander 2 slaapkamers het, onderskeidelik, 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, koffietafel en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n omsetter wat die TV en WiFi aanhou.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep wat met 'n asemrowende uitsig oor die see in verte en lowerryke omgewing van San Lameer spog. Die stoep het 'n Weber en 'n ingeboude braai en 'n etenstafel vir 'n buitelug-eetervaring. Toegang tot gratis veilige parkeerplek is beskikbaar. Die verblyf het ook 'n watertenk.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan of hulself met die pragtige uitsigte bederf. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir pieknieks, 'n speelarea vir kinders, die huur van fietse, visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 77
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang