SANParks Bontle Rest Camp
- Kapasiteit: 256 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R510, Marakele Nasionale Park, Thabazimbi, 0387, Limpopo
- Vanaf R384 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Marakele Nasionale Park is in die hartjie van die Waterberge geleë en soos sy Tswana naam lui, het dit 'n "plek van skuiling" vir 'n verskeidenheid wild geword as gevolg van sy ligging in die oorgangsone tussen die droë weste en die klam ooste van Suid-Afrika. Marakele Nasionale Park is 'n malaria-vrye area ongeveer 12 km buite Thabazimbi.
Besoekers kan 'n mengsel van rustigheid, genot en tevredenheid verwag en die park se prentjiemooi omgewing dra aktief by tot dié atmosfeer. Skaars geelhout- en sederbome, die bosveld en berge in die agtergrond, groot groep kransaasvoëls wat deur die blou lug sweef en verskillende wild wat onder op die vlaktes rondloop sorg vir 'n boservaring soos min!
Die Bontle Ruskamp is oorkant die kamp se nuwe ontvangs- en administratiewegebou geleë en is naby die hoof ingangshek.
Die woord "bontle" beteken nie verniet "mooi" in Setswana nie. Dié lieflike ruskamp beskik oor 10 tent-eenhede vir diegene wat 'n permanente struktuur verkies eerder as om hul eie tente op te slaan en self te kamp. Die tent-eenhede het 'n privaat stoep, is toegerus vir selfsorg en het 'n kombuis en buitebraaigeriewe. Die ruskamp bied ook 36 gewone staanplekke met kragpunte wat in 3 areas gegroepeer is. Elke groep het hul eie gedeelde ablusiegeriewe.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1383
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die R510, Marakele Nasionale Park, Thabazimbi, 0387, Limpopo
- Gaste dink SANParks Bontle Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thabazimbi Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 256 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R510, Marakele Nasionale Park, Thabazimbi, 0387, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang