Santana 406
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Duke-straat, Margate Noord, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R855 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Santana 406 is 'n ruim selfsorgwoonstel in die veilige Santana Vakansieoord in Margate aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Die Santana-kompleks bied direkte toegang tot die strand, en is binne maklike bereik van Margate- en Manaba-strande, asook talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Die woonstel het slaapplek vir tot 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamers en leefarea.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het 'n etenstafel en stoele met sitplek vir 6. Die sitarea het sitplek, 'n slaapbank wat 2 klein kinders kan akkommodeer, en 'n platskerm-TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. Skuifdeure maak oop na 'n balkon met uitsigte.
Die Santana Vakansieoord spog met 24-uur-sekuriteit, en veilige toegewese onderdakparkeerplek word voorsien. Die oord beskik oor 'n gemeenskaplike verhitte swembad, gemeenskaplike braaigeriewe en 'n speelgrond vir kinders. Dit bied ook opsionele geriewe soos putt-putt, wasgoedgeriewe, ekstra parkeerplek en 'n restaurant teen 'n ekstra koste.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 693
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Duke-straat, Margate Noord, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Santana 406 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Margate North Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Duke-straat, Margate Noord, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang