SeaScape
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dorriesrylaan 85, Froggy Pond, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
SeaScape skuil hoog teen 'n heuwel en is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis wat met 'n ongelooflike uitsig oor Valsbaai en die see spog. Die pragtige Kaapse Skiereilandberge is direk agter die huis en bied talle staproetes deur inheemse fynbos op gaste se drumpel. Let asb. dat die paadjie na die perseel baie steil is en daarom moet gaste 'n redelike fiksheidsvlak hê met geen gesondheidsprobleme nie om die entjie se stap gemaklik te kan doen. Die verblyf is omhein en laat troeteldiere toe.
Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 'n baba. Twee slaapkamers front na die see en 'n ander een na die berge. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, bababed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus is. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste kan ook bordspeletjies speel. Daar is 'n eetarea en gratis WiFi is beskikbaar.
Die sitarea het twee stelle dubbeldeure wat na 'n sitarea met 'n braai lei. Daar is ook 'n klein ontbytbankie waar gaste die sonsopkomste oor die see kan bewonder. Tydens beurtkrag het die verblyf 'n rugsteunbatterystelsel wat krag aan die ligte, skootrekenaars en die TV voorsien. Aktiwiteite in die area sluit swem, snorkel, duik en kajakvaart in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ligging
- Dorriesrylaan 85, Froggy Pond, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Froggy Farm Simonstad Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dorriesrylaan 85, Froggy Pond, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang