Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SeasTheDay Beachfront Holiday Home

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarsstraat 9, Schaapenzicht Kompleks, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 875 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

SeasTheDay Beachfront Holiday Home is 'n selfsorgeenheid wat aan die strand in die Schaapenzicht-sekuriteitskompleks in Langebaan geleë is en is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n Weskus-wegbreek. Dié huis bied direkte toegang tot Langebaan se hoofstrand wat vir vlieërbranderry, seilplankry, swem en roeiplankry bekend is.

Dié vakansiehuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer is in die solder op die boonste verdieping met 'n dubbelbed. Gaste in die tweede en derde slaapkamer deel die oorblywende badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die slaapkamers op die onderste verdieping het 'n klein leefarea met 2 rusbanke.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, gaskookplaat, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en daar is 'n toonbank wat ook as 'n etenstafel gebruik kan word. Die hoofleefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV en die skuifdeure lei na 'n stoep met 'n piekniektafel en braaigeriewe. Gaste kan ook op die grasperk ontspan en die see-uitsig vanaf die voorstoep geniet. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Dié huis is naby Langebaan se gewilde eetplekke en verskeie winkels.

Die eenheid beskik ook oor sonpanele en 'n omsetter in die geval van beurtkrag.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Andre L
Gesin met tieners
5.0
Perfekte wegbreek plek, netjies en loopafstand vanaf die see en lekker restaurante. Sien sterre.
Nov 2024
Chantal F
5.0
Lagoon on your doorstep and gas stove useful during load shedding. The location was amazing. You can just walk a minute or two and have...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Ilze B
Gesin met tieners
5.0
Fantastiese wegbreek. Sien sterre.
Des 2023
Erlank V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike naweek. Baie vriendelike kommunikasie met incheck, verblyf en uitcheck. Stapafstand na Pearly's en die see. Lekker groot grasperk vir kinders...
Sien meer
Okt 2023
Jurita H
Gesin met klein kinders
5.0
Nice plekkie en die location is perfek met kinders. Gasvrou was baie vriendelik en die huisie was perfek netjies en net wat mens nodig het vir 'n nawe...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tanyia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Dwarsstraat 9, Schaapenzicht Kompleks, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink SeasTheDay Beachfront Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 875
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 875
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarsstraat 9, Schaapenzicht Kompleks, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA66f1bc887439dc0cc3f51aad506a7b62186b47619ad51f04a62b385019125c441317fe63cc094efcc3235abd4c98777405ae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 875 per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 9 Dwars Street, Schaapenzicht Complex Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.089584372276 18.031144620664

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang