Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seetoe dot com

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidstraat 1, Strandfontein, Weskus, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 850 R1 573 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Seetoe dot com is 'n lieflike kothuis met 'n uitsig op die see in die pragtige Weskus-dorpie, Strandfontein, geleë omtrent 400 km noordwes van Kaapstad.

Die vakansiekothuis het 2 slaapkamers met 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens met linne. Daar is 'n ruim badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas/vrieskas. Die leefarea het skuifdeure wat na die stoep lei met grasperk en beeldskone uitsig oor die see. Buitebraai en buitestortgeriewe is ook beskikbaar.

Die dorp is net 10 minute vanaf die monding waar die Olifantsrivier inloop en is die ideale ligging vir kajakvaart, swem en baljaar. Daar is verskeie voëlspesies al langs die kus af wat perfek is vir voëlliefhebbers. Visvang en kreefduik is van die gewilde doendinge in die area. Die nabygeleë Doringbaai spog met heelwat restaurante en 'n unieke wynkelder in die hawe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Werenique V
Gesin met klein kinders
5.0
Die rustigheid het my goed gedoen. Ons het baie lekker gebly. Rustig.
Des 2024
Christi V
Saam met vriende
5.0
Rustigheid met 'n uitsig. Baie lekker, dankie.
Sep 2024
Francois J
Saam met vriende
5.0
Fantastiese geriewe en ligging. Die woning is smaakvol ingerig met al die nodige geriewe. Alles was in goeie werkende kondisie. Ons het heerlik gekuie...
Sien meer
Mrt 2023
Ricardo F
Saam met vriende
5.0
Great stay. Place was clean and reception friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023
Venesia I
Saam met lewensmaat
4.4
Vir seker dit is moeite werd. Ons tyd daar was goed en ook lekker privaat, dankie.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Arniel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Suidstraat 1, Strandfontein, Weskus, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seetoe dot com het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
R 1 850 R 1 573
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 850
R 1 850 R 1 573
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidstraat 1, Strandfontein, Weskus, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA19c7ca546b3f92c9fd4b1a667523a09a8c3cf5e4e94143f2572e1a0d17ede3e9d9ee64627ff172cabae5b81c29fafe59e23e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 850 nouVanaf R1 573 per nag (plek vir 4) 50 5 1 5 1 Suidstraat Strandfontein, West Coast 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.754311346014 18.229609021165

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang