Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Selah Strand Kothuis

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Herman Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 2 jaar

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 22 resensies vir Selah Strand Kothuis
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5
Johanna Cornelia K - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johanna Cornelia K

Baie lekker, rustig en vreeslik mooi natuurskoon.

Baie lekker gekuier. Die stoep met die braai is heerlik, asook die hoofkamer met die kaggel.

Louis R - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis R

Clean, restful.

The host was great. Great house, awesome environment and very clean. The host was very responsive to any questions and took the time to come and see us and show us around. Nice and peaceful break!

Marine T - Mei 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marine T

Ontspanne kuier by die see.

Die huis is baie goed toegerus vir 'n lekker ontspanne naweek weg. Die kaggel is 'n groot aanwins vir kouer aande. Die kindertjies het die diertjies buite en veilige staproetes baie geniet. Let net daarop dat daar nie 'n mikrogolf is nie, iets wat mens nogal mis met klein kinders, maar dit is verstaanbaar aangesien die krag van sonpanele kom. Die kommunikasie met Herman was ook baie goed, sal Selah Strand Kothuis definitief aanbeveel.

Susan O - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan O

Natuurliefhebber se droom vakansie by die see.

Die huis het alles wat ons benodig het en nog meer, baie ruim. Doodstil in die nagte, net uile wat roep gehoor. Baie min mense op die strand. Het die wandelpaadjies baie geniet. Kinders kon ook lekker fietsry. Baie voëllewe in die reservaat. Voel soos 'n huis iewers in 'n wildtuin.

Marisa V - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marisa V

Dis 'n ongelooflike huis met alles wat jy nodig het en nog meer!

Ons het heerlik gebly!

Henk T - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Henk T

Mooiste uitsig.

Ons bly altyd lekker by Selah, maar ongelukkig het dit hierdie keer gelyk asof iemand vergeet het om die dag wat ons arriveer die huis te check. Dit was stowwerig, spinnerakke orals, dooie vlieë in vensterbanke en 'n bak wat in die kombuis staan met nattigheid onder die bak. Dit lyk asof die dak lek en dis waarom die bak daar was. Behalwe vir daai goed is dit 'n gerieflike huis en mooiste uitsig. Ons WiFi het nie gewerk nie, maar Herman het dit gou uitgesort. Die boardwalk af na die strand het weggespoel, maar daar is geen waarskuwing bord dat jy versigtig moet wees nie.

Sarathea J - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Sarathea J

Sielsrus, ongerepte strand met dolfyne wat in die see baljaar. Hier rus jy.

Oulikste plek. Voel of mens afgesonder is van die samelewing.

Westley M - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Westley M

Die huis is baie goed toegerus en ons het onsself baie geniet.

Wonderlike plek, baie veilig vir die kinders, met 'n mooi natuurskoon en mooi wild op die estate. Ongelukkig het die weer nie saamgespeel nie, en moes ons die hele naweek in die huis bly. Gelukkig was die huis so goed toegerus dat dit geen probleem was nie. En die gasvryheid is uitstekend.

Adele C - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adele C

'n Heerlike wegbreek waar alles perfek was.

Selah Strand Kothuis het alles wat ons nodig gehad het. Netjies en skoon. Beslis die moeite werd.

Henk T - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henk T

Die beste!

Ons het dit so geniet. Daar is 'n privaat strand skoon, netjies en veilig. Die natuur en rustigheid om ons het gemaak dat ons net lekker op die stoep wil sit en nêrens heen ry nie. Die huis is perfek en het als wat jy benodig. Herman lewer die beste diens en is onmiddellik beskikbaar as jy hom benodig. Ons kom vir seker terug na die paradys van 'n plek.

Selah Strand Kothuis se terugvoer

Beste Henk, baie bly dat julle Selah Kothuis en Springerbaai geniet het. Ons waardeer julle terugvoer. Groete

Selah Strand Kothuis
Jj D - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jj D

Rus en vrede in oorvloed.

Selah is besonders. Ons het baie reën die naweek gehad en eers regtig op ons laaste oggend kans gehad om te verken. Hierdie landgoed is 'n weggesteekte juweel, van die pragtige huis tot die diere wat in die voorste "tuin" wei. Herman is tops en het ons op die hande gedra, ons kom gou weer!

Selah Strand Kothuis se terugvoer

Baie dankie JJ. Baie bly julle het die naweek geniet. Jammer dit was nat maar nie te min kon julle die Landgoed verken. Dankie vir julle goeie kommunikasie. Ons hoop ons sien julle binnekort. Groete, Herman

Selah Strand Kothuis
Maaike K - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maaike K

Vreedsaam.

Wat 'n wonderlike plek vir 'n wegbreekkans. Afgeleë en privaat. Die huisie bied alles wat jy nodig het, met 'n prentjie mooi uitsig. Dis 'n gemaklike stappie af strand toe en wat 'n pragtige strand! Perfek vir iemand wat hou van strandstap.

Selah Strand Kothuis se terugvoer

Baie dankie vir die mooi resensie en baie bly julle het geniet. Dankie ook dat julle huis so netjies gelos het. Sien julle spoedig weer. Groete Herman

Selah Strand Kothuis
Pieter V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter V

Baie rustig met 'n pragtige uitsig.

Selah is 'n baie moderne huis met al die nodige geriewe. Pragtige uitsig en kan stap op die strand en in die estate self. Dis waar jy waarlik kan rus en ontspan. Ons beveel dit hoogs aan. DStv sou welkom gewees het.

Leeann H - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leeann H

Baie rustig en mooi met 'n privaat strand.

Baie rustig en stil, ook min ligte so sterrekyk was extra mooi.

Ashleigh W - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ashleigh W

Fantasties!

Beeldskone strandhuis met die mooiste uitsig! Ons kom definitief weer terug !

Elze L - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elze L

Onverbeterlik.

Spesiale verwelkoming met beskuit en 'n bottel wyn en uitmuntende kommunikasie van die gashere se kant af. Die huis is goed ingerig met spesiale ekstras soos die buite jacuzzi!

Marius W - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marius W

Baie rustig.

Baie rustig en dankie vir sak hout en ys.

Lezan C - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lezan C

Heerlik rustig en die natuur is pragtig!

Die huis self is baie mooi en goed ingerig. Ek dink in die somer kan dit 'n heerlike koel huis wees, maar in die winter of op koue dae is dit regtig koud. Gelukkig is daar die heerlikste kaggel wat die vertrek snoesig laat voel en 'n gasverwarmer. Die strand is regtig 'n hele ent se stap vanaf die huis, dis beter om te ry tot naby die hek. Maar oral is baie mooi skoon en die rustigheid is ongelooflik lekker!

Bernard V - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bernard V

As jy van afsondering, stilte en die natuur hou met 'n see-uitsig, dan is die jou plek.

Springerbaai is afgesonder van die mal besige vakansieplekke in die omgewing. Dis eksklusief, rustig en privaat. Jy kan lekker gaan fietsry, draf of stap. Daar is bontebokke, sebras, springbokke en ander kleinwild te sien - ook baie skilpadjies. Baie privaat strand - jy is meestal alleen daar - soms is daar dalk een ander groep mense. As jy lus is om bietjie tussen baie mense te gaan swem kan jy Vleesbaai toe ry (of stap as jy baie energie het), of na Mosselbaai of Klein-Brak se strand toe vir die dag. Selah is nie teenaan die see nie maar jy kan die see sien. Dis doodstil en jy rus lekker. Dis 'n eko estate so alle huise het slegs sonkrag so jy weet nie eers van beurtkrag nie, maar jy moet spaarsamig werk met die elektrisiteit.

Annamarie V - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annamarie V

Fantasties.

Stil, rustig. Baie staproetes. Lieflik vir die kinders. Kom beslis weer.

Tammi V - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Tammi V

Wonderful relaxing spot highly recommend.

Beautiful nature perfect to relax, lovely home.

Derick B - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Derick B

Rustig, smaakvol, lekker, bederf!

Reuben en sy vrou gaan uit hul pad om hul huisie so smaakvol en verwelkomend moontlik te maak vir hul gaste. Ons het dadelik tuis gevoel en was vreeslik bederf met al die ekstra verrassingtjies wat hul vir ons uitgesit het. Selfs hout, blits en vuurhoutjies! Die huis is pragtig, stylvol afgerond met rustige kleurskemas wat inpas by die asemrowende natuurskoon wat dit omring. Daar is meer as genoeg om te doen vir natuur liefhebbers en die hele gesin put genot uit 'n rustige sielvernuwende wegbreek! Hulle sien ons vir seker weer!

Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Melkhouthoekstraat 134, Springerbaai Eco Estate, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA76b33398b5f252fec20c3c89427229250d83e0cacea428a0656dd6a6e45084eb0d5630e89d26419ea2fd0c5416f9a5885faa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 22 5 1 5 134 Melkhouthoek Street Springerbaai Eco Estate 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.24459216809 21.921593605735

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang