Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sensiri Orca Beach Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 134, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 397 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Sensiri Orca Beach Villa bied selfsorgverblyf langs die strand in Langebaan, wat deel is van die Weskus-blomroete en 'n gewilde plek om al die skoonheid wat die blomseisoen bied te kom bewonder. Daar is ook 'n omsetter wat ondersteuning tydens beurtkrag bied.

Die huis bied slaapplek aan tot 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n sort in die tweede en derde slaapkamer. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamers deel die vierde badkamer wat 'n stort het.

Die kombuis is met die nodige toebehore vir kosmaak, asook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus en die oopplan-leefarea het 'n groot kaggel, 'n etenstafel met sitplek en rusbanke om op te ontspan. Die leefarea lei na 'n onderdak-vermaakarea met 'n ingeboude braai en stoepmeubels wat 'n uitsig oor die baai en eko-vriendelike houtvuur-warmbad bied.

Die verblyf spog met 'n privaat tuin en dakterras met 'n eetarea, sonstoele en ingeboude sitplek.

Langebaan is ook uiters gewild vir watersport en is 120 km noord van Kaapstad, net langs die R27, sowat 28 km vanaf Vredenburg en 20 km vanaf Saldanhabaai geleë. Die strandmeer strek oor 17 km vanaf Saldanhabaai, verby Langebaan tot by Geelbek in die Suide.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sensiri Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Kusweg 134, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sensiri Orca Beach Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 397
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 7 397
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 134, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb796709ba51f96766d8941354b78f3f2cf635c232acf56ce2f9c0c730b9b2bdb3204380ab8eec36eeec3eb0019b9d84c5ea3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 397 per nag (plek vir 10) 3 5 1 5 134 Beach Road Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.086793642122 18.031261921517

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang