Shamba Yetu Mountain Lodge
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leeuwpoort Plaas, Rustenburg, 0300, Noordwes
- Vanaf R300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Shamba Yetu Mountain Lodge is op 'n plaas langs die R24 tussen Magaliesburg en Rustenburg geleë. Die lodge bied 'n uitsig op die Magaliesberge en is 'n idilliese wegbreekplek waar gaste wild, voëllewe, pragtige uitsigte en die natuurskoon kan aanskou.
Verblyf is beskikbaar in 2 goed toegeruste selfsorg-eenhede met slaapplek vir 4 volwassenes, 2 tente met slaapplek vir 2 of 4 gaste, karavaanstaanplekke met slaapplek vir 4 gaste en 'n 4x4 Boskamp. Vir die selfsorg-eenhede word linne en handdoeke voorsien. Die eenhede is apart en privaat en elkeen het sy eie plonspoel, braaigeriewe en vuurmaakplek. Die eenhede het elk 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die eenhede word daagliks skoongemaak. 'n Privaat sjef is op aanvraag en indien vooraf gereël beskikbaar.
Tent 1 het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en tent 2 het 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort en 'n volledig toegeruste kombuisie. Die karavaanstaanplekke het hul eie braaigeriewe, ligte en watertoevoer. Gaste het toegang tot ablusiegeriewe met storte, toilette en wasbakke. 'n Opwas-area is beskikbaar by die ablusiegebou.
Die 4x4 Boskamp is ongeveer 2 km vanaf die ander kampplekke en selfsorgeenhede. Hiérdie is die ideale plek vir diegene wat van kamp hou. 'n Puttoilet word voorsien, maar niks anders is beskikbaar nie. Gaste word versoek om hul eie karavaan of kampgereedskap te bring. 'n 4x4 voertuig is nodig om hier uit te kom. Geen water en elektrisiteit word hier voorsien nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Enrica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 61
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Leeuwpoort Plaas, Rustenburg, 0300, Noordwes
- Gaste dink Shamba Yetu Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rustenburg Noordwes
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leeuwpoort Plaas, Rustenburg, 0300, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang