Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Silvermoon Self-catering

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.3
Veiligheid
4.8
Elize W
Lang verblyf Gesin met klein kinders
2.0
Jan 2024

Ons het basies net daar geslaap. Nooit weer nie! Silvermoon Self-Catering was 'n baie groot teleurstelling. Absoluut nie die prys werd wat hulle vra nie. 1. Die foto's van die plek is glad nie 'n ware weergawe van wat ons gekry het nie. Dit wys 'n grondvloerhuisie. Geen foto's van die woonstel is op nie. Die piepklein woonstelletjie op die 1ste vloer voldoen glad nie aan die standaarde waaraan ons gewoond is nie. 2. Met aankoms daar was daar alreeds 'n probleem met parkering - glad nie genoeg plek nie. 3. Dit lyk of die woonstelletjie vinnig (en slordig) aangebou is. 4. Die beddegoed was oud en het nie skoon gelyk nie. 5. Die mure vas vuil. 6. Die 2 kamers is klein en donker met geen uitsig nie. 7. Die balkon is piepklein, daar pas skaars 3 mense in. 8. Die braaiplek op die balkon het nie 'n rooster nie en was vuil. Teen die prys wat ons betaal het, het ek eerlikwaar beter verwag. Die res van die familie het in 'n pragtige ruim oop huis in dieselfde straat gebly teen heelwat minder as wat ek vir Silvermoon betaal het. Mens kry die indruk dat die mense van Silvermoon 'n vinnige geldjie wou maak vir Desember - ons voel uitgebuit en sal die plek beslis nie aanbeveel nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Ria
Silvermoon Self-catering
Elize, Parkering: Daar is wel 'n parkering per eenheid. Daar is geen reelings vooraf getref vir 2 voertuie en 'n sleepwaentjie. Ons het dit aan julle genoem en reelings getref dat julle voldoende parkering het. Woonstel: Ons het vir jou geskakel en gevra of julle die eenheid op grondvloer sonder see-uitsig wat julle bespreek het wil omruil vir die eenheid op die eerste vloer met see-uitsig. Die woonstel is 120m2 wat wel nie piepklein is nie. Die woonstel is glad nie vinnig en slordig aangebou nie. Ons het die eiendom al van 2018 en het dit baie verbeter. Julle is die eerste gaste wat hierdie probleem ervaar. Die kamers is verseker nie donker maar het wel nie see-uitsig nie. Die beddegoed is verseker nie oud nie, enige persoon is welkom om dit te kom ondersoek. Ons was merke af met gaste wat vertrek maar ongelukkig kan ons nie elke keer die mure weer verf nie. Die balkon het 'n tafel met 4 stoele. Die rooster is in 'n laai in die kombuis. Ons maak die braai skoon en pak weer hout in vir nuwe gaste. As julle 'n probleem met die braai gehad het, kon julle dit dadelik gesê het. Ons het julle verskeie keer gevra of alles reg is en of julle enige iets benodig. Waarop julle bevestig het alles is reg. As julle iets gevra het, het ons dit dadelik gedoen. Ons het julle 'n paar keer gevra of 'n skoonmaker die plek vir julle skoon kan maak. Ons het nie vinnig geld probeer maak vir die seisoen nie.

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.8
Feb 2023

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

John Pierre V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2022

Great place to stay on the beach. Very helpful support team. Thank you.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Silvermoon Self-catering
John Pierre, thank you for your visit. Hope you enjoy your trip.

Minienke D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2022

Heerlike wegbreek. Ek sal beslis weer hier kom bly. Netjies, baie goed geleë en baie behulpsame gasvrou. Baie dankie Ria vir 'n heerlike naweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacobus P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2022

Baie gerieflike eenheid met 'n see-uitsig en balkon met 'n braai. Kombuis is goed toegerus, braai funksioneer goed, TV werk goed. Eenheid was netjies en skoon en is aan te beveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Christelle C
1 nag
4.8
Feb 2022

Rustige en vriendelike verblyf. Baie lekker gebly, Ria-hulle het ekstra moeite gedoen. Hul gasvryheid het geen perke. Beveel Silver Moon graag aan.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alicia S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jul 2022

Amazing. Mooi uitsig oor die see. Was einde Julie daar en kon baie walvisse en dolfyne sien.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Silvermoon Self-catering
Alicia baie dankie vir jul kuier by ons. Hoop ons sien jul gou weer.

Janine V
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jul 2022

Gerieflik en skoon, met 'n paar tekortkominge. Eenheid is nie op grondvlak soos op die foto nie. Bejaarde gaste sou sukkel met die steil, kort trappies. Mooi blomme in die sitkamer maar slegs 'n kwart rolletjie toiletpapier in die badkamer, effe min vir 3 gaste! Dubbelbedmatras is gedaan en slaap nie gemaklik nie.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Ria
Silvermoon Self-catering
Janine, ons is baie jammer vir die ongerief aangaande die toiletpapier. Jul was welkom om enige tyd nog te vra dan sou ons dit voorsien het. Baie dankie vir jul persoonlike terugvoering.

Annemie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2021

Lekker naby die see. Ons sukkel altyd om plekkies te kry wat dierevriendelik ook is. Hulle was baie akkommoderend en ons het almal lekker gekuier. Sal enige iemand aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Burger L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2021

Netjies, skoon en als wat ons nodig gehad het. Pragtige woonstel in die mooiste dorp op die Tuinroete. Baie lekker droë braaihout was 'n bonus. Baie dankie aan Ria en Anthony, ons sal vir seker weer soontoe gaan en kan met gemak Silver Moon vir enige iemand aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R985
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R985
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 133, Glentana, Groot-Brakrivier, 6850, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6f493740ed264c8e4f62302ecb2d701d54e8024cd031a6ee544b7be0d28448c4398dc5d05fb64668c746816fbb979ef5df4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R985 per nag (plek vir 4) 16 5 1 5 133 Gleniqua Drive Glentana 6850 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.049771555959 22.29810822725

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang