Slaapplek op 46
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Slaapplekstraat 46, Heroldsbaai Heights, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Slaapplek op 46 is in Heroldsbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is lekker naby restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede geleë.
Verblyf word in die hoofhuis met slaapplek vir 4 gaste of 'n aparte, privaat selfsorg-eenheid met slaapplek vir 2 gaste gebied. Die hoofhuis en Blues-eenheid kan saam bespreek word en bied dan slaapplek aan 6 gaste.
Die hoofhuis beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met óf 'n bad en 'n stort óf slegs 'n stort het. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, sowel as 'n TV en 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste hul etes kan geniet. Daar is ook gratis WiFi en 'n omsetter vir tydens beurtkrag.
Die Blues-eenheid bied 'n lieflike see-uitsig en het 'n privaat ingang en sy eie parkeerplek. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ingesluit.
Lieflike binne- en buitebraaigeriewe is beskikbaar.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Emri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Slaapplekstraat 46, Heroldsbaai Heights, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
- Gaste dink Slaapplek op 46 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Heroldsbaai George Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Slaapplekstraat 46, Heroldsbaai Heights, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang