Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pedi-Nku Huis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 700 m vanaf De Wagendrift-weg, Boeveneid Groenfontein Deel 8, Dinokeng, 1002, Gauteng
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Pedi-Nku Huis bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n knus huis. Dit is in die oostelike deel naby die grens van die Dinokent Groot 5-wildreservaat. Die huis is die ideale opsie vir gaste wat op soek is na 'n wegbreek ver van die gedruis van die stad.

Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 2 enkelbeddens in die sitarea vir 2 kinders.

Die oopplan-leefarea en -kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n ketel toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met 4 stoele en 'n sitarea.

Daar is ook 'n lieflike tuin, ingeboude braaigeriewe en 'n vuurput op die perseel. Aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit die Arlington boetiekbierbrouery en restaurante in. Georganiseerde wildritte sowel as selfry-roetes is in die nabygeleë Groot 5-reservaat beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xKinderbed vir 1
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
David L
Saam met vriende
5.0
Dit was 'n wonderlike wegbreekie, die huisie was perfek. Ons het baie lekker gebly, die huise is klein maar daar is alles wat 'n mens nodig het. Alles...
Sien meer
Sep 2024
Marcha L
5.0
Baie rustig, skoon en lekker. Die eenheid is ongelooflik goed toegerus met enige iets wat mens kan nodig kry. Lieflike buite braai en boma. Die gashee...
Sien meer
Jul 2024
Anriette B
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker kuier huisie op die plaas. Ons het 'n welkome, vriendelike ontvangs gehad. Pedi-Nku is in die groter Dinokeng area, maar nie binne-in die reser...
Sien meer
Jun 2024
Nadene E
5.0
Rustig, skoon, mooi geriewe. Ons het lekker gekuier en die huis is gerieflik. My pa wat sukkel om te loop kon ook lekker rond beweeg. Alles is skoon e...
Sien meer
Des 2023
Stephen S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Dit is 'n besonderse lekker plek om jou batterye te laai. Lekker stil en rustig.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Leanna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 700 m vanaf De Wagendrift-weg, Boeveneid Groenfontein Deel 8, Dinokeng, 1002, Gauteng
  • Gaste dink Pedi-Nku Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 700 m vanaf De Wagendrift-weg, Boeveneid Groenfontein Deel 8, Dinokeng, 1002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0703c042bcecf89ae198a9fc719bf5ab4cc88ab0b2bc70562c6225da9c0fefbf35bb5ef65c59edc8734c04b1a48d5677e417?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 700 m from De Wagendrift Road Boveneind Groenfontein Portion 8 1002 Gauteng 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -25.418128594371 28.47482208209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang