Sparrow 615
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 4 Nov 2024 tot 12 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sparrow-weg 615, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sparrow 615 is 'n luukse oase in die hartjie van die bosveld in Marlothpark. Dit is in 'n rustige omgewing en is slegs 21 km vanaf die Krugerwildtuin en slegs 900 m vanaf die Krokodilrivier wat 'n uitsig oor die Krugerwildtuin bied. Hierdie verblyf is met 'n omsetter toegerus en ervaar nie beurtkrag nie. Daar is gratis WiFi, die volle DStv-pakket, 'n groot swembad, veilige parkeerplek en privaat braai-areas. Die rustige omgewing het nabygeleë pragtige roetes vir stap of fietsry.
Die verblyf bestaan uit 3 privaat eenhede waaruit gaste kan kies. Hierdie 3 eenhede bied slaapplek aan 19 gaste. Sparrow 615 Huis is geskik vir 8 gaste, Kothuis 1 is geskik vir 7 gaste en Kothuis 2 is geskik vir 4 gaste.
Sparrow 615 Huis beskik oor 4 slaapkamers en het 4 koningingrootte-beddens. Kothuis 1 het 3 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en 1 slaapkamer het 'n enkelbed. Kothuis 2 het 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Albei kothuise het badkamers met storte en Sparrow 615 Huis se badkamers het elk 'n bad en 'n stort.
Elke kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, oond en 'n gasstoof toegerus. Elke eenheid het lugversorging en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gaste het toegang tot gratis WiFi en hul eie kuierareas.
Sparrow 615 Huis het 'n plonspoel en 'n kroeg met 'n pooltafel. Elke eenheid het 'n sitarea en 'n privaat braai-area. Gaste het toegang tot gratis WiFi en 'n gemeenskaplike swembad.
Daar is aktiwiteite soos voëlkyk, fietsry en wildritte om in die omgewing te geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 66
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Sparrow-weg 615, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Sparrow 615 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sparrow-weg 615, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang