Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Spatalla Holiday Homes - Spatalla 6

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Laan 99, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Spatalla Holiday Homes - Spatalla 6 is 'n smaakvol gemeubileerde vakansiehuis in Kleinmond, 'n bekoorlike kusdorpie in die Overberg-streek. Die dorp is 'n gewilde keuse vir diegene wat 'n lonende ontsnapping in die natuur soek en spog met 'n pragtige Blouvlagstrand en 'n rustige strandmeer wat ideaal is vir watersport.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 stylvolle slaapkamers, elk met sy eie privaat balkon. Daar is 3 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort.

Die kombuis het granietblaaie en is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en kooktoebehore. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die eenheid maak oop op 'n patio, kompleet met 'n braai-area, swembad, kroegarea en sonstoele.

'n Bykomende vermaakarea is bo geleë en beskik oor 'n kaggel met braaigeriewe, leessitkamer en balkon met uitsigte oor die berge en see. Veilige parkeerplek in die dubbelmotorhuis, gratis WiFi en 'n alarmstelsel is ook beskikbaar.

Gaste kan 'n verskeidenheid watersport in die area geniet terwyl ander doendinge gholf, abseil en voetslaan insluit.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Bad, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Mark Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 6

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 3de Laan 99, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Laan 99, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAVrarkqtSvQ06zLtMWoF5c1ODUdrfcmDHJesAb8bFVDbO2yWDok?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8) 99 3rd Avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.342721575692 19.025168891402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang