Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Spring Valley

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisfonteinpad, 6 km vanaf Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Spring Valley-plaas is 4 km vanaf Dullstroom op die Kruisfonteinpad na Highland Gate geleë. Die plaas spog met 3 foreldamme waar gaste eksklusief kan kunsvlieghengel.

Verblyf word in 2 eenhede, naamlik Spring Valley Retreat en Serengeti, gebied. Spring Valley Retreat bied verblyf aan 10 gaste en 7 kinders en beskik oor 5 slaapkamers. Elke slaapkamer het ’n koningingrootte-bed, ’n enkelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en 'n stort, asook ’n privaat dek. Ander geriewe sluit ’n ten volle toegeruste kombuis, sitarea, eetarea, kaggel en koffie- en teemaakgeriewe in. The Retreat het ook ’n volledig toegeruste kombuis vir 'n groot groep gaste, 'n stoep, braai-area en ’n privaat ingang met 'n uitsig oor die tuin en een van die plaasdamme.

Serengeti bied slaapplek aan 4 gaste en 4 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoogtepunt van hierdie verblyf is dat dit vensters met panoramiese uitsigte oor die Dullstroom-heuwels het. Daar is ook 'n eksklusiewe houtvuurwarmbad buite. Elke slaapkamer het gemaklike beddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Ander geriewe sluit 'n ten volle toegeruste kombuis, sitarea, eetarea en 'n kaggel in. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond en yskas-vrieskas toegerus. Die eenheid het 'n privaat ingang.

Veilige parkeerplek word voorsien en gaste kan op die perseel kunsvlieghengel, forelhengel, kanovaart, roeibootry en tot by die Krokodilrivier stap.

Aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit kunsvlieghengel, watersport, piekniek op die plaas en 'n voetslaanroete in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Brandon C
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, peaceful, spotless. An amazing stay. The unit is beautiful with an incredible view and is very well equipped. The unit is ve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Lesinda F
Saam met lewensmaat
5.0
Ligging is perfek. Mooiste uitsig en die eenheid was baie gerieflik. Ons het 'n wonderlike naweek gehad en die verblyf was baie gerieflik.
Apr 2024
Franziske E
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Perfekte wegbreekplek, gasvryheid is uitstekend. Baie dankie.
Aug 2023
Evan R
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer gaan. Ek en my vrou het 'n heerlike paar dae in die Serengeti-eenheid geniet. Die natuur is beeldskoon en die akkommodasie was fantast...
Sien meer
Jul 2023
Carien H
Saam met vriende
5.0
Wonderlik en rustig. Die plek is baie netjies en baie skoon! Die ligging is asemrowend en dis so rustig. Die 2 kamers bied genoegsame privaatheid vir ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jane' Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kruisfonteinpad, 6 km vanaf Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Spring Valley het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisfonteinpad, 6 km vanaf Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdff1b81f2d86f3c914144270ca856fde2c57f45a8cf044ca0f4c04a46d1af4cfcbc3295a3b5020c813ed16661cb9b908e6e9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Kruisfontein Road 6 km from Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.446590372854 30.141255408526

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang