Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stirling Place 5

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 1 Jun 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lillicrona-boulevard, Stirling Place 5, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R900 R810 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Stirling Place 5 is 'n gemeubileerde selfsorgwoonstel in die veilige Stirling Place-kompleks naby Margate se strand, verskeie winkels en geriewe.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n skuifdeur wat op die balkon oopmaak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is bad- en stortgeriewe in die eenheid. Die hoofslaapkamer en sitkamer het lugversorging en die ander 2 kamers het plafonwaaiers.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv. Die leefarea lei na 'n groot balkon wat gedeeltelik onderdak is. Die balkon het 'n etenstafel en gasbraaigeriewe.

Die Stirling Place-kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Die woonstel het 2 motorhuise met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër binne.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ben V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik lekker gebly! Great blyplek! Baie veilig. Eienaar baie behulpsaam en vriendelik. Alles is skoon en netjies en met sorg gekies. See uitsig ...
Sien meer
Aug 2024
Dalene W
Gesin met tieners
5.0
Heerlike kuier week. Ons het baie lekker gebly en dankie vir julle gasvryheid, Josef. Die eenheid is ook goed geleë.
Jul 2024
Riaan V
Saam met vriende
5.0
Fantastiese veilig en binne bereik van enige winkels. Fantastiese see-uitsig naby winkels. Lekkerste verblyfplek ooit. Vriendelikste gasheer. Eenheid ...
Sien meer
Mei 2024
Ilze M
Gesin met tieners
5.0
Oom Joseph was baie gasvry. Baie lekker gebly by Stirling 5. Baie welkome ontvangs gehad deur oom Joseph. Sal die plek beslis aanbeveel.
Des 2023
Jeanne R
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal verseker weer hier kom vakansie hou! Ons sal enige tyd weer terugkom. Veilig, gerieflik, netjies, goed geleë en Joseph is baie vriendelik en h...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Joseph Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Lillicrona-boulevard, Stirling Place 5, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Stirling Place 5 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R810
per nag (plek vir 6)
Vanaf R900
R900 R810
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lillicrona-boulevard, Stirling Place 5, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd6677bdcea7a611180927e283d11fd2dfeb7cd3975c3a258578dee0662f257b66796421495a4ceba18e5d7e6236fb1c7535?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R810 per nag (plek vir 6) 30 5 1 5 Lillicrona Boulevard 5 Stirling Place 4276 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -30.854173311858 30.381924833265

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang