Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stonehouse on Main

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 49, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Stonehouse on Main bied gastehuisverblyf in die kusdorpie Struisbaai en is die ideale basis vanwaar gaste die dorp se geriewe en besienswaardighede kan verken. Die verblyf sluit 'n volledige Engelse ontbyt in, is ten volle gelisensieer en bied 'n kroeg-styl-spyskaart wat middagete en aandete aan gaste kan voorsien.

Verblyf by Stonehouse on Main word in 6 modern en unieke kamers op die boonste verdieping aangebied, wat elk slaapplek bied aan 2 tot 4 gaste. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n lessenaar, klerekas,lugversorging en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket.

Die eiendom het 'n volledige sonkrag- en omsetter-rugsteunstelsel om krag tydens beurtkrag en kragonderbrekings te verskaf.

Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike area waar daar 'n mikrogolf, tafel en stoele is. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Stonehouse on Main is in die hoofstraat geleë en bied maklike toegang tot belangrike geriewe, insluitend die mall, en is net 700 m van die hoofstrand af. Dit is ook naby verskeie restaurante en winkels in die dorp.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Frans R
Besigheidsreis
5.0
Top notch diens en kamer. Baie mooi kamer en lekker ontbyt.
Nov 2024
Johan L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker, vriendelike mense, baie behulpsaam, eet lekker daar. Baie lekker, sal enigeen aanbeveel om daar te gaan bly.
Nov 2024
Dani V
5.0
Ongelooflike ervaring om daar te kan bly. Wens ek genoeg woorde het om te kan beskryf. My gasvrou is ongelooflik gewees. Alles in plek, sy dra jou op ...
Sien meer
Sep 2024
Dewald V
Gesin met tieners
5.0
Ultimate hospitality! Our one night stay was perfect. The hosts' sole focus is to make sure you have everything you need. Clean, beauti...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Renier W
5.0
Amazing place with amazing hosts! Was 'n baie lekker blyplek en amazing hosts, wat 'n amazing breakfast gemaak het!
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Steve Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Proteaweg 49, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stonehouse on Main het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 49, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0102ebbe2ea08b36e0829ffd6a3542181d342ffc4091fb8bd64be31c1cef2e58db186c98bb15f9c8ad2324c8ef64463e6056?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 49 Protea Road Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.796677814169 20.04407286644

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang