Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Suidersee, Hartenbos

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 12 Des 2024.

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magersfonteinweg 1, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 R760 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Suidersee, Hartenbos bied bekoorlike selfsorgwoonstelle net 200 meter van Hartenbos se strand af in die gewilde vakansiedorp, Mosselbaai. Dit is ideaal vir paartjies, vriendegroepe en gesinne wat op soek is na gerieflike verblyf naby al die doendinge op die Tuinroete.

Suidersee bied verblyf in 20 woonstelle met slaapplek vir 2 tot 6 persone per woonstel. Elke woonstel is uniek gemeubileer en het 1 of 2 slaapkamers, 'n oopplan-leefarea met ekstra slaapplek (in van die woonstelle), 'n goed toegeruste kombuis, n TV met DVD-speler en sekere DStv-kanale en baie van die eenhede het privaat braaiplekke.

Suidersee het ook 'n gemeenskaplike area met netjiese sitplek en braaigeriewe waar gaste lekker kan kuier. Verder is daar parkeerplek beskikbaar en die eiendom is naby die strand, 'n mini-gholfbaan en verhitte swembaddens by ander oorde, staproetes, Hartenbos Waterpark en nog baie meer!

Suidersee Blok 1 beskik oor woonstel 1 tot 12 en is op die hoek van Groenkopstraat en Magersfonteinlaan in Hartenbos geleë.

Suidersee Blok 2 beskik oor woonstel 13 tot 20 en is op die hoek van Doringkoplaan 5 en Magersfonteinlaan 11 in Hartenbos geleë.

Geen sosiale groepe word toegelaat tensy hulle al 12 Suidersee Blok 10 Woonstelle bespreek nie.
Geen partytjies word toegelaat nie, tensy anders met die bestuur gereël.
Maatskappye is welkom om groepe te bespreek.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 254 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Leon V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie, baie lekker by die see.
Nov 2024
Nico N
Saam met lewensmaat
5.0
Sien julle gou weer. Heerlik, rustig en uitgerus. Baie dankie.
Okt 2024
Hannelie M
Gesin met klein kinders
5.0
Gemak en rustig. Dit is waarde vir geld en net 'n uitstekende plek om te bly. Alles wat jy nodig het, ons 2de jaar en beslis sal ons weer met ons volg...
Sien meer
Sep 2024
Charlene O
Saam met lewensmaat
5.0
Herlaai naweek lekkerte. Ons het so lekker gebly en net batterye herlaai vir die nuwe week wat begin.
Jun 2024
Elza M
Saam met lewensmaat
5.0
Was lekker. Ons het die fustigheid geniet en die see. Dit was fantasties. Rustig. Veilig. Ek sal 'n groter plek kies volgende keer. Naby winkel en see...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Isabel Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 414

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Magersfonteinweg 1, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Suidersee, Hartenbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R 950 R 760
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
R 950 R 760
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magersfonteinweg 1, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd65R0jdFCML9JOiEzTWJYSe8BdkHl5PeR87ah27b8ihToCzZs9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R760 per nag (plek vir 2) 254 5 1 5 1 Magersfontein Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.128170287008 22.115890635582

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang