Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Swallowfield Rondavels

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R600, Cathkin Park, Central Drakensberg, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R860 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Swallowfield Rondavels bied gerieflike sakpas-selfsorgverblyf in die hartjie van die Champagne-vallei in die Sentrale Drakensberg-area. Dié Central Berg bied 'n verskeidenheid doendinge en eko-toeristebesienswaardighede. Die sneeubedekte bergtoppe in die winter, watervalle, rotskuns, en fuana en flora maak van elke vakansie 'n ervaring vol asemrowende skoonheid.

Swallowfield Rondavels beskik oor 2 vrystaande rondawels wat elkeen 1 slaapkamer het wat lieflike utisgte op die berge bied. Die rondawels het elkeen 'n dubbelbed, eetkamertafel, 2 stoele en 'n en suite-badkamer met 'n bad.

Elke rondawel het 'n sateliet-TV, kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel en elektriese braaipan. Die rondawels se braai-areas is apart. Die een rondawel, Feathers, het 'n TV met 'n DVD/USB-speler. Spades het ’n plpatskerm-TV met ’n USB DVD-speler. Ons voorsien flieks wat gaste kan geniet. Daar is WiFi in die openbare areas.

Daar is ook ’n drieslaapkamerkothuis op die perseel met gratis WiFi, sateliet-TV, ’n sit-/eetarea, kombuis, badkamer, waskamer, aparte toilet en stoep. Dit bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is ook 'n slaapbank vir 'n ekstra gas.

Toeriste kan 'n opvoedkundige byeboerdery-toer onderneem, die splinternuwe Drakensberg Canopy Tours geniet, Falcon Ridge se daaglikse reptiel-demonstrasies bywoon of plaaslike kuns aanskou. Ander gewilde buitelug-doendinge sluit voetslaan, perdry, vierwielmotorfietsry, warmlugballonvlugte en vlotvaart in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Marie V
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut awesome. Dit was awesome, ons het so lekker gebly en tuis gevoel.
Nov 2024
Marianka S
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Aangename verrassing. Die gasheer is ongelooflik oulik en helpvaardig! Ons het 'n klein ongeluk gehad en hy was ongelooflik nice en het net reggest...
Sien meer
Nov 2024
Kamal M
Saam met lewensmaat
5.0
Very relaxed Excellent
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Kirsty C
Saam met vriende
5.0
Most beautiful location. Our stay was very comfortable, and our hosts were wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Chante D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie om te doen daar. Verblyf was baie lekker en netjies. Die eienaar vra darem vooraf voor hulle kom skoonmaak en nuwe handdoeke bring. Baie rustig e...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

James Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 62

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R600, Cathkin Park, Central Drakensberg, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Swallowfield Rondavels het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 860
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 860
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R600, Cathkin Park, Central Drakensberg, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89cb7e99916a1f5158d0fe3678c1b657d4815df72de4d5786a8987572bda524066575a60ed7624632d428c4ebd73d14a8cfb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R860 per nag (plek vir 2) 49 5 1 5 R600 Cathkin Park, Central Drakensberg 3340 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -29.023996344169 29.440630046472

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang