Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tekili Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karwyderskraalweg, Langs die R320, Hermanus., 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 750 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Tekili Farm bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde huis in die Hemel-en-Aarde Vallei, net 17 km van Hermanus af. Gaste kan die asemrowende uitsig op die Babilonstoringberge en oor die Kleinrivierstrandmeer in die verte geniet.

Die huis het 3 slaapkamers en is geskik vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Gaste kan lieflike uitsigte oor die stoep en tuin vanaf die slaapkamer wat skuifdeure het geniet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en bied ook lieflike uitsigte. Hierdie kamer het skuifdeure wat na die stoep lei. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en bied 'n uitsig op die berge. Die tweede en derde slaapkamers het toegang tot 'n gedeelde badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, koffiemasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en skoonmaakmiddels toegerus.

Die huis is onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en maak gebruik van sonkrag. Die huis het vars drinkwater, 'n TV met Netflix, WiFi, 'n kaggel, boeke, speletjies, strandhanddoeke en toiletware.

Ekstra geriewe sluit 'n lang stoep vir gaste om buite te eet en ontspan, binnebraaigeriewe en parkeerplek in.

Die huis is gerieflike geleë vir wynproe langs die R320, Hemel-en-Aarde Vallei se wynroete en is net 14 km van Onrusstrand af. Die ligging is ideal vir bergstaptogte met asemrowende uitsigte.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 49

Resensies 26

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Karwyderskraalweg, Langs die R320, Hermanus., 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 5 750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karwyderskraalweg, Langs die R320, Hermanus., 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAefe79363619538686670a956d34daa3da8481ada71f18c6f66dcd9442d125cf3d0ec928e8a37c4fa5f0ac892f664dc89ab9f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 750 per nag (plek vir 6) Karwyderskraal Road Off the R320 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.378063709657 19.200753

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang